Klassieke klanke en Kersherinneringe

Yandi Du Plessis
Die Namibiese Kunstekollege (Cota) en die Cantare Audire-koor vat eersdaags hande om die Christmas Memories-konsert ten bate van die Kankervereniging van Namibië (CAN) aan te bied.

Die konsert sal op 20 November, ’n Sondag, vanaf 19:00 by die NG Kerk Eros in Kuisebstraat plaasvind.

Tydens die geleentheid sal die Cantare-koor Gabriel Fauré se komposisie “Requiem” uitvoer, asook ‘n seleksie van Kersliedere.

Met Martina Visser as dirigent en Ebbie Becker agter die orrel, sal Lyvodia Ouses en Eslon Hindundu vir onderskeidelik die sopraan- en baritonklanke sorg.

Kaartjies kos N$100 vir volwassenes of N$50 vir studente en pensioenarisse en sal by die deur te koop wees.

Rig alle navrae aan Hermien Coetzee by 081 260 3396.

Kommentaar

Republikein 2024-11-16

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 35° Rundu: 19° | 35° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 23° | 35° Ruacana: 22° | 35° Tsumeb: 22° | 34° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 20° | 33° Gobabis: 21° | 33° Henties Bay: 16° | 24° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 15° | 23° Rehoboth: 21° | 33° Mariental: 21° | 37° Keetmanshoop: 21° | 38° Aranos: 22° | 37° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 20° | 39° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 35° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 17° | 29° Maseru: 16° | 31° Antananarivo: 16° | 32° Lilongwe: 21° | 33° Maputo: 21° | 32° Windhoek: 20° | 33° Cape Town: 16° | 25° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 16° | 31° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 20° | 32° Harare: 18° | 28° #REF! #REF!