Kleurblind kunstenaar maak opgang
Skildery verkoop vir N$500 000
Hage vind sy inspirasie in mense, hul alledaagse lewens en hul emosies; hy wil hul stories vertel.
’n Skildery deur die bykans onbekende jong Namibiese kunstenaar Hage Mukwendje (31) is onlangs op ’n onbeplande veiling in Windhoek vir N$500 000 verkoop.
Hage is uitgenooi om ’n lewendige kunsskepping te maak vir die onlangse Energiekonferensie in Windhoek. Hy het binne 30 minute die skildery geskilder van ’n vrou wat ’n kleipot maak.
“Ek het die skildery onderstebo begin en toe op sy linker- en regtersy gedraai om verder te skilder en eers toe ek klaar was en die skildery regop gedraai het, kon mense sien dat dit ’n vrou is wat ’n kleipot skep. Kleipotte is baie belangrik in my kultuur en ons vervoer alle vloeistowwe daarin.”
Nadat sy skildery voltooi was, het die minister van myne en energie, mnr. Tom Alweendo, op die verhoog gestap en vir Hage oor die skildery uitgevra. Hy het toe gesê die skildery moet opgeveil word en het begin bie.
“Ek kon dit nie glo toe die prys op N$500 000 toegeslaan word nie. Dit was ongelooflik. Die volgende dag het klomp mense gebel, maar ek kon dit nie glo of bevestig nie, want ek het nie geweet wat om te sê nie.
“Ná ’n week het die koper TotalEnergies Namibia my geskakel en bevestig dat hulle nie baie wyn gedrink het nie, maar mal is ook die skildery en dit regtig gekoop het. Dit was die oomblik dat ek vir almal vertel het hulle het regtig die skildery gekoop.”
KLEIN HAGE
Hage is in Okalongo naby die Angolese grens in die noorde van Namibië gebore.
“My vroegste herinneringe van my grootwordjare, is van hoe ek in die sand geteken het. Ná skool het ons altyd beeste opgepas en daar het ons met rivierklei geskep. Ons het ons eie speelgoed soos mense en beeste uit die klei gemaak. Ek het ook later draadkarretjies begin maak wat ek verkoop het. Ek het N$2,50 gekry en dit was in daardie tyd baie geld. Ek kon met die geld skoolbenodighede soos ’n sakrekenaar vir wiskunde koop.”
Nadat hy hoërskool voltooi het, het hy Windhoek toe getrek.
“Almal het Windhoek toe getrek omdat ons gedink het al die geleenthede was hier. My niggie het my van die Kollege van die Kunste (Cota) vertel en my tannie het my gehelp om aansoek by Cota te doen.”
In 2009 het hy met sy driejaardiploma in kuns by Cota begin.
KUNS
Hage en twee ander jong kunstenaars is in 2012 genooi om Namibië by die World Event Young Artists in Nottingham in Engeland te verteenwoordig.
“Ek wou nog altyd na Europa reis. Soos elke Afrika-seun wat daarvan droom om sokker in Europa te speel, wou ek ook soontoe reis; toe was ek skielik in Engeland.
“Dit was aan die begin moeilik en uitdagend. Alles was anders en ek wou die eerste twee dae net huis toe gaan, maar toe het ek die mense en die plek leer ken, aangepas en alle geleenthede aangegryp wat my pad gekruis het.”
Sy besoek en deelname in Engeland het deure vir verdere studies oopgemaak. So het die kurator van sy uitstalling in Engeland hom gehelp om kunsopleiding in ’n klein dorpie in die middel van Finland te ontvang.
“Ek het nog nie ’n portefeulje gehad nie en moes self vir my studies betaal. Hulle verskaf die akkommodasie en die studio, maar jy moet nog betaal. Ek het met my spaargeld soontoe gegaan en is aan nog ’n studiegeleentheid in Swede blootgestel wat dié keer volledig betaal is. Vanaf Swede is ek Amsterdam in Nederland toe en daar het ek ’n goeie netwerk opgestel. Ek reis vandag nog gereeld Amsterdam toe.”
Hy het ook verlede jaar vir vier maande aan The Namibian German Initiative in Duitsland gewerk.
“Ek het foto’s, berigte en musiek gevat wat in 1950 in Namibië geneem en opgeneem is en in my skilderye geïnkorporeer. Die projek is nog nie voltooi nie; dis ’n deurlopende kunsprojek waaraan ek werk.”
Hage is in Duitsland vir die eerste keer aan lewendige kuns blootgestel.
“Ek was op die verhoog saam met ’n orkes. Ek het geskilder terwyl die orkes musiek gemaak en die toeskouers vir ons gekyk het. Jy kry ’n sekere tyd waarin jy jou skepping moet voltooi. Ek het ook later by ’n opelugfees aan nog so ’n kunswerk deelgeneem waar ek tien modelle moes skilder.”
Hage vind sy inspirasie in mense, hul alledaagse lewens en hul emosies.
“Ek vertel hulle stories. Hulle lewensverhaal. Ek het begin om gesigte en mense se emosie op bruin papier in pastelle te teken. Ek skilder mense in hul alledaagse lewe en doen en late. Soos die skildery van die vrou wat kapana verkoop. Dis iets wat talle vroue en jong meisies doen. Hulle verkoop kos om geld te maak. Die geld word gebruik om die huishouding aan die gang te hou en sommige vroue stuur selfs hul kinders universiteit toe met die geld wat hulle uit dié verkope verdien.”
Hy het ook ’n skildery geskep van twee klein meisies met die naam “Stop it, I like it”.
“Dis twee meisies wat jy in enige nedersetting kan raakloop. Hulle is skaam want hulle ken jou nie, maar hulle is tog nuuskierig. Jy bied vir hulle lekkers aan en hulle begin jou vertrou en binnekort is hulle gewoond aan jou; julle gesels en lag saam. Die twee scenarios is, moet nie vir my lekkers gee nie – stop it – maar ek wil die lekkers hê – I like it.”
KLEURBLIND
Hage wou ’n realistiese kunstenaar wees, iemand wat ’n foto of toneel sien en dit presies so kan skilder.
“Ek kan egter nie ’n realistiese kunstenaar wees nie aangesien ek kleurblind is en nie die kleure realisties kan skilder nie. Dus was my skilderye altyd in swart en wit en dit is nie hoe die foto lyk nie.”
Hage skilder volgens kontraste en gebruik graag blou en rooi, nie omdat hy van dié kleure hou nie, maar omdat die twee kleure vir hom naas swart die meeste kontraste gee. Hy kan kleur sien, maar nie soos ander mense nie en hy kan nie name aan kleure koppel nie.
“Wanneer ek verf koop dan gee die verkoopspersoon vir my die kode en ek koop daarvolgens. Ek gebruik ook koerantpapier in my skilderye en as jy naby kyk en die berigte lees, sal jy agterkom die berigte pas by die skildery.”
Hage skilder groot skilderye want hy sê hy het nie die geduld om klein fyn skildery te maak nie.
“Ek hou van groot skilderye waarin jy van ver af iets anders sien as wanneer jy naby is. Ek is ’n growwe vryhandkunstenaar wat skoonheid in wanorde vind. Wanneer ek verf en ek maak ’n fout, sien ek dit nie as ’n fout nie, maar eerder as iets moois wat nog ’n demensie aan die skildery gee.”
RAAD
Hy het toe hy nog op skool was geld verdien deur besighede se name op onder meer kroeë en sjebeens se mure te skilder.
“Ek het so geld verdien, maar ek het nie regtig gedink ek sal eendag skilderye verkoop om in huise of kunsgalerye opgehang te word nie. Ek het nie gedink ek sal van my kuns kan leef nie.”
Volgens Hage het Namibië baie talent, of dit kunstenaars of musikante is.
“Talent kan egter nêrens heen gaan sonde dissipline en konsekwentheid nie. My boodskap aan jong kunstenaars is baie eenvoudig; dissipline en konsekwentheid.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie