Klipmanne maak buiging by Venesiese biënnale
Gister is die La Biennale di Venezia 2022 deur die biënnale se president, Roberto Cicutto, en die kurator, Cecilia Alemani, van stapel gestuur. Die tema van die 59ste Internasionale Kunsuitstalling is ‘The Milk of Dreams’, wat op Leonora Carrington se boek gebaseer is, wat die vermoë of moontlikheid van mense ondersoek om betrokke te raak by ’n metamorfiese verandering – gedeeltelik of as ’n geheel – vanaf menslike vorm tot dier of selfs ’n meganiese struktuur. Net soos sy haar gedagtes laat dwaal het, is die doel om die status van die mens as deel van die groter heelal uit te daag, asook sy verhouding tot die omgewing waarin ons leef. Cicutto het die wêreld uitgedaag om in “gesprekke deur kuns” betrokke te raak waar die status quo bevraagteken word met die kollig spesifiek op die COP26-klimaatkonferensie en sy doelwitte, wat vereis dat “mense” moet aanpas en verander. Vanjaar sal Namibië vir die eerste keer verteenwoordig word deur ’n omvattende uitstalling van “The Lone Stone Man of the Desert”, met verwysing na die klipmanne wat slegs in die Kaokoveld van Namibië gevind word en deur ’n onbekende kunstenaar geskep is. Meer hieroor in môre se uitgawe.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie