Foto ter illustrasie/Pexels/Cottonbro studio
Foto ter illustrasie/Pexels/Cottonbro studio

Kollig - kalender

Henriette Lamprecht
STEEDS AAN DIE GANG

• Die New Beginnings-uitstalling deur alumni van die Kollege van die Kunste (Cota) kan tot 20 Julie by die Nasionale Kunsgalery besigtig word.

• Golela, ’n versameling van kunswerke deur Ericke Tjiueza, kan tot 26 Julie by die Project Room-galery besigtig word.

VANDAG

• 17:00 – Christmas in July-mark by die Rustic Eagle (Brakwater-suid) tot 22:00 en wat Saterdag voortduur. Gebaseer op die gewilde Weihnachtsmarkt in Europa, is daar verskeie stalletjies met van juweliersware tot klere en ook musiek en lekker kos. Toegang is N$50 via webtickets.com.na

MôRE

• 10:00 – Deel van die Christmas in July-mark by die Rustic Eagle is ’n skattejag. Volg net die elwe en vind die skat! Deelname beloop N$150 per span wat twee kaartjies vir toegang tot die mark insluit. As jy meer wil weet, skakel 081 288 1239.

WOENSDAG 17 JULIE

• 18:00 – Welcome to the Jungle – Christmas in July by die Namibia Craft Centre. Die versameling kan tot 31 Augustus besigtig word.

• 19:00 – ‘n Praatjie deur Jolanda Veldhuis en Ruben Fijn oor die The Tern Project – from science to nature conservation, by die Namibië Wetenskaplike Vereniging.

VRYDAG 19 JULIE

• 20:00 – Die kroning van Mej. Namibië vind by die Old Power Station op Lüderitz plaas. Kaartjies kos N$300 via webtickets.com.na

SATERDAG 20 JULIE

• 10:00 – Cup 4 Cancer-damestee op Aranos. Vir inligting en stalletjies, skakel 081 845 8701.

SONDAG 21 JULIE

• 18:00 – ’n Koorfees met die Collective Choir, Windhoek Afrikaanse Privaatskool, Windhoek Gymnasium, Windhoek Children's Voices, St. Georges, Unam en YONA by Windhoek Hoërskool. Kaartjies kos N$60 via eticket.my.na

Kommentaar

Republikein 2025-03-17

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer