Foto ter illustrasie/Pexels
Foto ter illustrasie/Pexels

Kollig-kalender

Iréne-Mari van der Walt
STEEDS AAN DIE GANG

• Die Nasionale Keramiek-biënnale vind tot 28 September by die Nasionale Kunsgalery plaas.

• Savannah Thrill bied tot 30 September funksionele batikkuns by die Omba-galery van die Namibia Craft Centre aan.

• Jo Rogge se nuutste uitstalling kan by die Project Room-galery tot 12 Oktober besigtig word.

• Duif Keyser se The Odd Ones word tot 4 November by die Nasionale Kunsgalery uitgestal.

VRYDAG, 27 SEPTEMBER

• 08:00 – Die Karasburg Dorpsraad bied tot 20:00 'n lentemark by die stadsaal aan met hope stalletjies en vermaak.

• 10:00 – Die jaarlikse Windhoek Landbou-, Vee- en Motorskou vind tot 5 Oktober by die Windhoekse skougronde plaas met hope vermaak op die program.

• 17:00 – Die Good Food Market vier sy eerste verjaarsdag by The Village in Windhoek. Kaartjies is beskikbaar via webtickets.com.na

• 18:00 – Die Otji Rock-Skop word aangebied op Otjiwarongo by The Rustic Spoon met As Night Fades. Kaartjies kos N$110.

• 19:00 – Vandeesmaand se Acoustic Friday word by die Frans-Namibiese Kultuursentrum aangebied met Meno, Khadijah Herunga en Ou Slow. Kaartjies kos N$60 vooraf en N$80 by die deure.

• 19:00 – Die jaarlikse Fish Eagle Rally vind plaas tot die 29ste by die Jan Wilken-stadion in Walvisbaai.

• 20:00 – Die Suid-Afrikaanse komediant Barry Hilton tree by Sound Garden in Swakopmund op, met 'n tweede optrede op die 28ste. Kaartjies kos N$250 en is beskikbaar via webtickets.com.na

SATERDAG, 28 SEPTEMBER

• 08:00 – Is jy die braaimeester? Sluit aan by die Round Table by Rare Smokey Mare in Windhoek om uit te vind! Alle opbrengste is ter ondersteuning van die Senior Park Ouetehuis in Pionierspark. Vir meer inligting kontak [email protected]

• 08:30 – Die jaarlikse Wonder Women-oggend vind by die NG Kerk Suiderhof plaas. Kaartjies kosN$180.

• 09:00 – Die DBV in Windhoek bied tot 13:00 ’n uitverkoping vir diere in nood aan. Skenk alles wat jy nie meer nodig het nie!

• 11:00 – Die Küska-straatoptog op Swakopmund vind plaas vanaf MZ Motors in Lüderitzstraat.

• 18:30 - Curves Swakopmund vier sy 10de bestaansjaar met 'n disko. Die spesiale gasspreker is Ronel Peters van Ruach Elohim. Trek aan volgens jou geboortejaar!

• 19:00 – Die Windhoeker Männerchor en Let's Sing Vocal Ensemble bied 'n Lente Serenade by De Kayak in Olympia aan. Kaartjies kos N$110 en is beskikbaar via webtickets.com.na

• 20:00 – Vocalcast Production bied With Love From Cape Town aan met die room van Kaapstad se vermaaklikheidskunstenaars, insluitend Loukmaan Adams, Don Vino, Sasha-Lee Davis, Nur Abrahams en Loren Erasmus by die Windhoek Buitekluboord. Kaartjies is beskikbaar by www.eticket.my.na

• 20:00 – John Rock Prophet tree op by die Armae-saal aan die buitewyke van Okahandja. Kaartjies kos N$200 en sluit 'n braai in.

VRYDAG 3 OKTOBER

• 18:00 Vandeesmaand se uitgawe van Night Under the Stars by die Goete-Instituut in Windhoek vind plaas met Cassidy Karon. Kaartjies kos N$50 by die deur.

Kommentaar

Republikein 2024-09-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Real Valladolid 1 vs 2 Mallorca | Celta Vigo 0 vs 1 Atletico Madrid | Espanyol 1 vs 2 Villarreal | Las Palmas 1 vs 1 Real Betis | Barcelona 1 vs 0 Getafe | Girona 0 vs 0 Rayo Vallecano SerieA: AC Milan 3 vs 0 Lecce European Championships Qualifying: Plymouth Argyle 3 vs 1 Luton Town English Championship: Plymouth Argyle 3 vs 1 Luton Town #N/A Currency: GBP to NAD 22.84 | EUR to NAD 19.09 | CNY to NAD 2.44 | USD to NAD 17.11 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.26 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.64 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.14 | RUB to NAD 0.18 | INR to NAD 0.2 | USD to DZD 131.76 | USD to AOA 940.1 | USD to BWP 13.08 | USD to EGP 48.31 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1666.22 | USD to ZAR 17.1 | USD to ZMW 26.37 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1920.41 Up +0.02% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14449.05 Up +0.55% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 31276.91 Up +0.08% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9653.37 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 658.55/OZ DOWN -0.0053 | Copper US$ 4.56/lb DOWN -0.0111 | Zinc US$ 3 089.80/T DOWN -0.37% | Brent Crude Oil US$ 72.65/BBP UP +1.49% | Platinum US$ 1 001.11/OZ DOWN -0.0062 #N/A