Koloniale kompleksiteite onder die vergrootglas
Interkulturele dialoog op die verhoog
Die konsep van die Hereroland-produksie maak dit moontlik om die Herero-volksmoord in baie van sy historiese en huidige gevolglike komponente te ervaar.
In die 2019-’20-teaterseisoen het die Thalia Teater in Hamburg en die Namibiese Kollege van die Kunste (Cota) in Windhoek hande gevat om die Duits-Namibiese produksie Hereroland in Januarie en Februarie 2020 op die planke te bring.
Dié inisiatief is ondersteun deur TURN, wat in 2012 deur die Duitse Federale Kultuurstigting as ’n fonds vir artistieke samewerking tussen Duitsland en Afrikalande gestig is met die doel om ’n wye reeks Duitse instellings aan te moedig om op die artistieke produksie en kulturele debatte in Afrikalande te fokus.
Nadat pogings om ’n Namibiese weergawe van die Hereroland-produksie op die planke te bring verskeie kere weens die pandemie uitgestel moes word, het die artistieke span – saam met die Thalia-teater – nou ’n nuwe hibriede produksie vir die 2023-seisoen bedink om voorsiening te maak vir Namibiese teatergangers.
Die konsep van die produksie maak dit moontlik om die Herero-volksmoord in baie van sy historiese en huidige gevolglike komponente te ervaar.
Luidens ’n verklaring laat dit toe dat “diskoers deur die teater gestimuleer word”. Dit skep ’n geleentheid om ’n interkulturele dialoog op gehoorvlak te voer, wat nie moontlik sou wees in ’n klassieke teateropvoering nie.
WAAROOR GAAN DIT?
In hierdie buitengewone multidissiplinêre teaterproduksie worstel kunstenaars van Namibië en Duitsland met hul gemeenskaplike koloniale verlede en die gevolge daarvan vir die hede, naamlik die koloniale misdade en die volksmoord wat in 1904 teen die Herero’s en Namas gepleeg is.
Die bilaterale projek ondersoek hierdie traumatiese oomblik in die geskiedenis vanuit verskeie perspektiewe en die gevolge daarvan, wat vandag nog gevoel kan word.
Met behulp van historiese dokumente en kontemporêre onderhoude kontrasteer dit die ervarings en opinies van die destydse Duitse kolonialiste en hul nageslag met dié van die afstammelinge van die Herero-slagoffers.
David Ndjavera, wat al aangewys is as Namibië se beste regisseur en self ’n Herero-afstammeling, het dié produksie saam met die Duitse regisseur Gernot Grünewald op die planke gebring. Grünewald het reeds in 2016 die produksie Oshi-Deutsch by die Nasionale Teater (NTN) aangebied en is bekend vir sy dokumentêre teaterwerk oor politieke temas.
Saam met die kostuumontwerper Cynthia Schimming het die rolverdeling die stuk in 2020 by die Thalia-teater in Hamburg ontwikkel en bekend gestel.
Met behulp van tegnologie soos virtuele realiteit-brille word die gehoor na sommige van die oorspronklike terreine van die volksmoord en ander plekke in Namibië en Duitsland wat met die storie verband hou, weggevoer. Tonele wat daar verfilm is, word gekombineer met toneelstukke op die verhoog wat onlangs deur Lizette Kavari en die betrokke akteurs en musikante verwerk is.
Die wêreldpremière van die “hibriede” weergawe vind op 29 Junie om 19:00 by die NTN plaas.
Op 30 Junie sal die vertoning regstreeks in Hamburg gebeeldsend word, ’n inisiatief wat vastelandgrense sal oorbrug en die uitruiling van kennis en kreatiwiteit tussen die skeppers en die gehore van beide lande moontlik maak.
GRYS BLOKKE
ROLVERDELING
Otja Kambaekua
Ben Kandukira
Lizette Kavari
Glenn-nora Tjipura
West Uarije
Gift Uzera
Jonas Anders
Jörg Pohl
VERTONINGS
*Windhoek (NTN) – 29 Junie om 19:00; 30 Junie om 20:00; 1 Julie om 13:00 en 19:00 – toegang kos N$60 by die deur en is gratis vir studente en skoliere op 1 Julie
*Swakopmund (Namib Hoërskool) – 2 Julie om 19:00 – toegang kos N$60 by die deur
*Okakarara (Trade Fair-sentrum) – 4 Julie om 18:00 – gratis toegang
*Otjinene (stadsaal) – 5 Julie om 18:00 – gratis toegang.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie