Kom kuier saam met RAAF
RAAF, voorheen bekend as die Bottomless Coffee Band, kom toer in Januarie en Februarie vir die sesde keer in Namibië.
“Namibië is nie ’n nuwe toevoeging tot ons jaarlikse
kalender nie, maar beslis ’n jaarlikse hoogtepunt. Hierdie jaar is ons sesde keer in Namibië met Gobabis en Etosha as splinternuwe toevoegings. Ons reis hierdie jaar saam met Destinations Namibia, ’n opwindende inisiatief wat fokus op die verskillende besienswaardighede, verblyf en hoogtepunte in die verskillende gebiede. Ons hoop om al die Suid-Afrikaners wat van die huis af ons toer dophou, saam met ons op ’n verkenningstog deur Namibië te neem. Ons sal hulle wys watter plekke en afdraaipaaie alles moontlik is met ons kampeervoertuig,” het Lourens en Esté Raaf gesê.
Hulle kom vandag in Windhoek aan en begin dan hul toer.
“Ons onderbreek vinnig ons toer om die Imagine Dragons- en Sting-konserte in Suid-Afrika te gaan kyk en dan kom ons terug na Namibië vir ons optrede in Swakopmund.”
“Ons was voorheen bekend as die Bottomless Coffee Band en het in Oktober 2022 ons naam na RAAF verander; dis deel van die storie wat ons hierdie jaar vir Namibië kom vertel. Dis al ses jaar van verken, konserte en ongelooflike herinneringe in Namibië. Dis alles te danke aan een beduidende oomblik waar twee groepe mense se paaie gekruis het.”
Dit was in 2015 by die Klein Karoo Nasionale Kunstefees in Oudtshoorn.
“Ná ons optrede is ons oorgeroep en het effens huiwerig gaan groet, want daardie tyd van die aand is die risiko groot om by uitbundige kuiers saam met vreemdelinge ingetrek te word. Dit was nie vyf minute nie en ons het geweet ons is in die teenwoordigheid van hartsmense. Een van Deon Blaauw se eerste sinne aan ons was: “Maar het julle al in Namibië gespeel?”
“Die volgende week is ons eerste Namibiese besoek in 2016 gereël en het ’n jarelange instelling begin. Ons het 2020 en 2021 weens omstandighede oorgeslaan, maar ons het 2022 afgeskop en die instelling hervat,” het hulle gesê.
“Ons wil dankie sê aan almal wat al oor die jare bygedra het tot ongelooflike ervaringe in Namibië. Ons weet nie hoe om dit te verwoord nie; hoe baie hierdie avonture vir ons as individue, maar ook as musikante beteken nie.
Hierdie jaar sê ons ook spesifiek dankie aan almal wat baie moeite en tyd insit om die 2023 toer moontlik te maak.”
Kaartjies vir hul optredes is op Webtickets, by Pick n Pay of by 081 127 2725 beskikbaar.
– [email protected]
GRYSBLOK
PROGRAM:
20 Januarie – Mariental: Padlangs Padstal
21 Januarie – Gobabis: Omateko Conference Centre & Lodge
27 Januarie – Tsumeb: Tsumeb Gimnasium
28 Januarie – Etosha: Etosha Safari Camp
3 Februarie – Swakopmund: Swakopmund Hotel and Entertainment Centre
10 Februarie – Windhoek: Droombos

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie