Koorklanke eerste op FNB Woordfees-program
"Hierdie geleentheid sal beslis nie volledig wees sonder om hulde te bring aan ons medestigter, Ronelle Rademeyer, wat nou in die hemel feesvier nie," het Elizma Theron van die FNB Windhoek Woordfees by die bekendstelling van vanjaar se program gesê.
Die veteraanjoernalis, Ronelle Rademeyer, wat saam met dr. Chrisna Beuke-Muir die Windhoek Woordfees gestig het is op 20 Mei oorlede.
Die eerste FNB Windhoek Woordfees-item is die koorfees wat op 21 Julie gehou word. Die koorfees het verlede jaar ’n stampvol saal vermaak en sal vanjaar kore van sewe instellings op een verhoog saambring.
Die Collective Choir onder leiding van Ponti Dikuua en die Windhoek Children's Voices onder leiding van Fanie Dorfling is saam met die kore van Windhoek Afrikaanse Privaatskool, Windhoek Gimnasium en die Universiteit van Namibië (Unam) deel van die program. Die Jeugorkes van Namibië maak ook hul buiging.
"Hierdie fees is meer as net ’n geleentheid, dit is ’n viering van kultuur en ’n getuienis van hoe die kunste en kultuur kan verenging, inspireer en verander," het Revonia Job van die FirstRand-groep in Namibië gesê.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie