KortKuns
• Die Wetenskaplike Vereniging van Namibië word vanjaar 100 jaar oud - hierdie mylpaal sal na verwagting op 1 Maart gevier word.
• Die Filmkommissie van Namibië doen ’n beroep op filmmakers om by hul webblad www.nfc.na te registreer om in aanmerking te kom vir meer geleenthede vir finansiering en om aansoeke vir filmpermitte te vereenvoudig.
• Die Unam-graduandi se kunsuitstalling by die Nasionale Kunsgalery is steeds oop tot 1 Februarie.
• Die Nasionale Kunsgalery het sy nuwe raad van trustees aangekondig - onder meer is Sebulon Chicalu, die voormalige bedryfshoof vir NWR, en regsgeleerde Loide Shaparara aangewys as trustees.
• Die internasionale kunstetydskrif, Apollo Magazine, sê diegene met ’n passie vir literatuur met ’n artistieke inslag kan op die uitkyk wees vir heruitgawes van Elaine Kraf se The Princess of 72nd Street, ’n vertaling van Uketsu se Strange Pictures en ’n vertaling van Inger Christensen se The Painted Room.
• Registrasies is nou oop vir die Goethe Instituut se verskeie kursusse - meer inligting is per e-pos beskikbaar by [email protected].
• Die Goethe Instituut doen ’n beroep op kunstenaars om deel te word van 2025 se Night Under the Stars - inskrywings moet teen 8 Januarie per e-pos aan [email protected] gestuur word.
• Die Frans-Namibiese kultuursentrum heropen Maandag en die Nasionale Kunsgalery sal na verwagting vanaf volgende week sy jaarkalender bekendstel.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie