Kortprente vier vroue se vryheid
Ter viering van Internasionale Vrouedag op 8 Maart bied die Frans-Namibiese Kultuursentrum (FNCC) môreaand ‘n kortfilmfees aan. Hiertydens sal ses kortprente vertoon word wat fokus op vroue se vryheid. In hierdie ses kortflims word kykers voorgestel aan charismatiese vroulike karakters wat ons wys hoe om soms komplekse situasies te oorkom en hul vryheid te laat geld. Die geleentheid begin om 19:30 en toegang is gratis. Springmielies is ook gratis vir vroue!
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie