Foto Facebook
Foto Facebook

Kortverhaalbundel uit pandemie gebore

Yandi Du Plessis
Te midde van die wêreldwye Covid-pandemie en gepaardgaande noodtoestand en inperkings, het die Goethe-Instituut in Namibië ’n kortverhaalskryfkompetisie met die pandemie as tema van stapel gestuur.

Altesaam 33 inskrywings is ontvang, waaruit drie wenners aangewys is en 13 kortverhale gekies is om in ’n bundel gepubliseer te word. Die resultaat is ’n bloemlesing getiteld “In Times of Pandemic”.

Die keurbundel is ’n ware nabootsing van die werklikheid wat ervaar is gedurende een van die uitdagendste tye wat die wêreld as geheel moes deurstaan. Die vrees, sterftes, onsekerhede en selfs die ekonomiese ineenstortings is só geskets dat die leser daarmee kan identifiseer – soos die wêreld vir ewig deur hierdie pandemie verander is en uitsien na die “nuwe normaal”.

Die Goethe-Instituut kon stories saamstel wat in die geskiedenis vasgelê sal word, nie net in Namibië nie, maar wêreldwyd.

Van die skrywers sal dele van hul stories eerskomende Donderdag tydens die boekbekendstelling lees. Die boek bestaan uit 149 bladsye en kan op die aand gekoop word teen ’n spesiale prys van N$95.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 33° Rundu: 23° | 39° Eenhana: 24° | 36° Oshakati: 23° | 35° Ruacana: 21° | 36° Tsumeb: 25° | 37° Otjiwarongo: 19° | 34° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 18° | 32° Gobabis: 19° | 32° Henties Bay: 14° | 18° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 17° | 30° Mariental: 13° | 29° Keetmanshoop: 9° | 28° Aranos: 16° | 30° Lüderitz: 13° | 28° Ariamsvlei: 10° | 27° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 37° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 16° | 35° Maseru: 13° | 26° Antananarivo: 16° | 29° Lilongwe: 22° | 34° Maputo: 21° | 41° Windhoek: 18° | 32° Cape Town: 15° | 19° Durban: 16° | 22° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 19° | 29° Harare: 17° | 25° #REF! #REF!