Kraakvars vermaak by Ster-Kinekor
Lukas, Frankie en Felipé op die grootskerm
'n Namibiese fliek en die Afrikaanse fliek, Frankie en Felipé, word in plaaslike rolprentteaters vertoon.
Fliekfoendies kan van Maart tot Mei vanjaar verskeie Namibiese en Afrikaanse films by hul naaste Ster-Kinekor-teater geniet.
Die OYO-film, Lukas, word vandag by Ster-Kinekor se teaters in die hoofstad vrygestel.
Die fliek plaas die kollig op die lewe van die fiktiewe karakter, Lukas, en beeld daarmee die lewe van ’n straatkind in Windhoek uit. Die 11-jarige Lukas moet die wrede moorde van sy ma en ouma aan die hand van sy stiefpa aanskou en hardloop weg, waarna hy na Windhoek gestuur word om by sy tannie te gaan bly.
Hier vind Lukas homself vasgevang in ’n straatbende. Die fliek vertel sy lewensverhaal oor ’n tydperk van 15 jaar.
FRANKIE EN FELIPé
Ná die tragiese dood van die geliefde Binnelanders-ster, Bradley Olivier, kan gehore nog een laaste keer saam met hom skaterlag in die romantiese komedie, Frankie en Felipé.
Olivier het die rolprent vervaardig en is ook self op die skerm te sien as een van die hoofkarakters. Die fliek handel oor twee broers wat mekaar weer raakloop ná hulle op ’n jong ouderdom van mekaar geskei is. Terwyl hulle lewens uiteenlopend uitgedraai het, sit hulle beide nou met gebakte pere en moet sin maak van die gemors in hulle lewens – dit kort voor Frankie se troue.
Terwyl Frankie naam vir homself as ’n sakeman gemaak het, is Felipé nie so suksesvol as ’n parfuumverkoopsman nie. Beide het egter finansiële druk aangesien Frankie meer as R100 000 se skuld het en Felipé moet sy lot met ’n gelduitlener probeer systap.
Wanneer Felipé vir Frankie om hulp vra, plaas hy die lewe wat Frankie vir homself gebou het in gedrang. Frankie moet dan sy verlede in die gesig staar en vrede maak met die mense wat hy jare gelede as familie geken het.
Solomon Cupido, wat een van die hoofrolle vertolk, het aan IOL Suid-Afrika gesê die idee van die fliek het ontstaan uit hulle gedeelde passie om die persepsie van bruin mense in die media te verander.
“Ons wou regtig op die positiewe fokus. Ons wou ’n pragtige liefdesverhaal aan die mense vertel en hopelik sal hulle dit geniet en sien daar is meer in die lewe as bendelede in ons gemeenskappe en daardie soort stories wat ons die meeste van die tyd uitbeeld,” het Cupido aan IOL gesê.
Frankie en Felipé draai reeds by Ster Kinekor se teaters.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie