Kultuur die 'hartklop' van 'n nasie

Olufuko bevorder kuisheid, sê Nujoma
Tydens vanjaar se Olufuko-fees het 85 meisies aan die inisiasieproses deelgeneem.
Tuyeimo Haidula
Die voormalige staatshoof Sam Nujoma sê die Olufuko Kulturele Fees bevorder kuisheid totdat 'n vrou in die huwelik tree en leer jong meisie wat deur die inisiasieproses gaan om "hul liggame te respekteer".

Nujoma het die opmerkings gemaak in 'n toespraak op Outapi in die Omusatistreek wat namens hom tydens die amptelike opening van die 10e uitgawe van die fees deur die adjunkminister van inligting en kommunikasietegnologie Modestus Amutse voorgelees is.

Nujoma sê die fees is 'n ou tradisie waartydens vroue jong meisies, wat maagde moet wees om te kan deelneem, touwys maak oor hoe hulle as volwassenes moet optree.

"Vandag het dit 'n geleentheid geword om skoolmeisies meer oor hul kultuur te leer. Niemand gaan ons eie kultuur bevorder en in stand hou buiten onsself nie. Die fees is 'n smeltkroes van uiteenlopende kulture, tale en gebruike," het Nujoma gesê.

Volgens hom wys die vieringe wat onder die tema Ons kultuur, Ons trots, Ons erfenis plaasgevind het, die groei en bestendigheid van Olufuko sedert die ontstaan daarvan.

"Hierdie jaarlikse geleentheid verpersoonlik die kern van tradisie en dien as 'n bewys van die nalatenskap wat van een generasie na die volgende oorgedra is," het die voormalige president gesê.

"Dit verskaf my geweldige plesier om 'n goeie aantal meisies saam met hul ouers sowel as baie mense uit verskillende dele van die land te sien wat gekom het om deel hiervan te wees."

Die minister van hoër onderwys, opleiding en vernuwing, dr. Itah Kandjii-Murangi, wat die amptelike verrigtinge gelei het, het op haar beurt gesê die fees vier die belangrikheid van die deurslaggewende rol wat kulturele erfenis in mense se lewens speel.

Dit laat volgens Kandjii-Murangi mense toe om die opvoedkundige rol te erken wat kultuur het in die lê van die fondasie van mense as sosiale wesens - in hul huise, in gemeenskappe en in die gemeenskap as geheel.

"Soos ons vier en bevestig wie ons in hierdie ryk tapeserie van die Namibiese kultuurerfenis is, word ons ook herinner aan die belangrikheid en die behoefte vir die bewaring daarvan vir al die generasies wat ons gaan volg," het sy gesê.

Kandji-Murangi het bygevoeg dat kultuur nie net 'n versameling van tradisies en praktyke is nie, maar dat dit ook die "hartklop van die nasie en die kern is van wie Namibiërs is as mense".

"Ons tradisies is nie net blote oorblyfsels van die verlede nie, maar lewende uitdrukkings wat voortgaan om ons hede, maar ook ons toekoms te rig. Hierdie is die bande wat ons as nasies verenig," het Kandjii-Murangi beklemtoon.

Tydens vanjaar se Olufuko-fees het 85 meisies aan die inisiasieproses deelgeneem. - [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-07-04

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Rugby World Cup U20: England U20 48 vs 11 Fiji U20 | France U20 26 vs 27 New Zealand U20 | Wales U20 31 vs 10 Spain U20 | Ireland U20 22 vs 16 Georgia U20 Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 11° | 31° Eenhana: 12° | 31° Oshakati: 13° | 31° Ruacana: 13° | 31° Tsumeb: 15° | 27° Otjiwarongo: 11° | 27° Omaruru: 11° | 29° Windhoek: 8° | 24° Gobabis: 8° | 25° Henties Bay: 11° | 20° Wind speed: 18km/h, Wind direction: S, Low tide: 08:23, High tide: 02:11, Low Tide: 20:38, High tide: 14:47 Swakopmund: 13° | 16° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 08:21, High tide: 02:09, Low Tide: 20:36, High tide: 14:45 Walvis Bay: 11° | 21° Wind speed: 31km/h, Wind direction: S, Low tide: 08:21, High tide: 02:08, Low Tide: 20:36, High tide: 14:44 Rehoboth: 6° | 24° Mariental: 8° | 23° Keetmanshoop: 9° | 21° Aranos: 7° | 23° Lüderitz: 12° | 32° Ariamsvlei: 8° | 19° Oranjemund: 9° | 22° Luanda: 20° | 22° Gaborone: 7° | 23° Lubumbashi: 12° | 30° Mbabane: 6° | 25° Maseru: 0° | 13° Antananarivo: 9° | 23° Lilongwe: 15° | 29° Maputo: 15° | 27° Windhoek: 8° | 24° Cape Town: 12° | 17° Durban: 11° | 22° Johannesburg: 6° | 17° Dar es Salaam: 22° | 29° Lusaka: 14° | 28° Harare: 13° | 26° Currency: GBP to NAD 23.24 | EUR to NAD 19.72 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.25 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.29 | EGP to NAD 0.37 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.32 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.94 | USD to AOA 863 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.95 | USD to KES 127.98 | USD to NGN 1510.85 | USD to ZAR 18.25 | USD to ZMW 24.33 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1804.15 Down -0.04% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13295.62 Up +0.66% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28364.79 Up +0.72% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9379.94 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 357.02/OZ DOWN -0.0008 | Copper US$ 4.57/lb UP +0.82% | Zinc US$ 3 008.60/T UP 0.13% | Brent Crude Oil US$ 88.16/BBP UP +0.51% | Platinum US$ 1 000.68/OZ UP +0.18% Sport results: Rugby World Cup U20: England U20 48 vs 11 Fiji U20 | France U20 26 vs 27 New Zealand U20 | Wales U20 31 vs 10 Spain U20 | Ireland U20 22 vs 16 Georgia U20 Weather: Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 11° | 31° Eenhana: 12° | 31° Oshakati: 13° | 31° Ruacana: 13° | 31° Tsumeb: 15° | 27° Otjiwarongo: 11° | 27° Omaruru: 11° | 29° Windhoek: 8° | 24° Gobabis: 8° | 25° Henties Bay: 11° | 20° Wind speed: 18km/h, Wind direction: S, Low tide: 08:23, High tide: 02:11, Low Tide: 20:38, High tide: 14:47 Swakopmund: 13° | 16° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 08:21, High tide: 02:09, Low Tide: 20:36, High tide: 14:45 Walvis Bay: 11° | 21° Wind speed: 31km/h, Wind direction: S, Low tide: 08:21, High tide: 02:08, Low Tide: 20:36, High tide: 14:44 Rehoboth: 6° | 24° Mariental: 8° | 23° Keetmanshoop: 9° | 21° Aranos: 7° | 23° Lüderitz: 12° | 32° Ariamsvlei: 8° | 19° Oranjemund: 9° | 22° Luanda: 20° | 22° Gaborone: 7° | 23° Lubumbashi: 12° | 30° Mbabane: 6° | 25° Maseru: 0° | 13° Antananarivo: 9° | 23° Lilongwe: 15° | 29° Maputo: 15° | 27° Windhoek: 8° | 24° Cape Town: 12° | 17° Durban: 11° | 22° Johannesburg: 6° | 17° Dar es Salaam: 22° | 29° Lusaka: 14° | 28° Harare: 13° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.24 | EUR to NAD 19.72 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.25 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.29 | EGP to NAD 0.37 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.32 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.94 | USD to AOA 863 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.95 | USD to KES 127.98 | USD to NGN 1510.85 | USD to ZAR 18.25 | USD to ZMW 24.33 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1804.15 Down -0.04% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13295.62 Up +0.66% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28364.79 Up +0.72% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9379.94 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 357.02/OZ DOWN -0.0008 | Copper US$ 4.57/lb UP +0.82% | Zinc US$ 3 008.60/T UP 0.13% | Brent Crude Oil US$ 88.16/BBP UP +0.51% | Platinum US$ 1 000.68/OZ UP +0.18%