Kultuurfees vier hoofstad se diversiteit
Met die /Ae //Gams Kuns- en Kultuurfees hoop die munisipaliteit van Windhoek nie net om eenheid onder verskeie kultuurgroepe te skep nie, maar om inwoners aan te moedig om hul onderskeie kulture met trots uit te leef.
"Die Windhoek- munisipale raad het die /Ae //Gams Kuns- en Kultuurfees gestig om die belang van die kunste te beklemtoon, om inwoners aan te moedig om trots op hul identiteit te wees, om ekonomiese ontwikkeling gekoppel aan plaaslike produkte te versterk, om toerisme te bevorder asook om toegang tot kultuur vir almal moontlik te maak," het die munisipaliteit se woordvoerder, Lydia Amutenya, gesê oor die fees wat op 26 en 27 April sal plaasvind.
Vyf-en-tagtig uitstallers, waaronder allerlei kunstenaars en verkopers van verskeie tradisionele kos en drank sal verskillende kultuurgroepe, soos die Tswana, Damara, Herero, Damara en Afrikaner-kulture vier. Verskeie diplomatieke sendings sal ook aan die fees deelneem, volgens Amutenya.
"Die raad wil graag sien dat die fees meer lewens beïnvloed met 'n program wat deur die jaar strek," het Amutenya gesê.
Sy sê die fees het ’n verskil in inwoners, kunstenaars en verskeie kleinondernemings se lewens gemaak.
"Die fees het die loopbane van bekende plaaslike kunstenaars asook klein- en mediumondernemings en diensverskaffers ’n hupstoot gegee," sê Amutenya.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie