Kuns kan genees, sê presidentsvrou

Yandi Du Plessis
Namibië se presidentsvrou, Monica Geingos, het die afgelope Vrydag die amptelike opening van die Triple lll-uitstalling, ‘n versameling van beeldhou- en drukwerke asook skilderye deur die kunstenaar Alpheus Mvula, by die Frans-Namibiese Kultuursentrum (FNCC) bygewoon.

In haar opmerkings by die openingsgeleentheid het die presidentsvrou die “merkwaardige talent” van jong Namibiërs en die potensiaal van die kunsbedryf erken. Sy het beklemtoon dié bedryf, wat dikwels misgekyk word en onvoldoende finansiering ontvang, moet geïnternasionaliseer word.

“Kuns is ‘n sleutelkomponent in die behandeling wat die BreakFree From Violence-veldtog aan oorlewendes van seksuele geweld bied,” het Geingos gesê terwyl sy verduidelik het hoe kuns gebruik kan word om geestesgesondheidskwessies te benader.

“Die skeppende kunste is ‘n manier om onverwerkte trauma te hanteer en die struktuur van post-konflik-samelewings te herdefinieer. Kuns as uitdrukking laat selfs slagoffers van seksuele en geslagsgeweld toe om hul ervarings te deel op ‘n manier wat beide insiggewend en genesend is. Dit sluit direk aan by die Art For Activism-vertoning wat BreakFree From Violence vandeesmaand sal aanbied as deel van die #16DaysOfActivism-inisiatief.”

Terwyl hy die gehoor toegespreek het, het Alpheus verduidelik hoe sy kuns geïnspireer word deur sy lewenservarings, opvoeding en kulturele agtergrond.

Die uitstalling kan tot 11 November besigtig word. Die FNCC se uitstalruimte is Maandae tot Donderdae tussen 09:00 en 17:00 oop, en Vrydae vanaf 09:00 tot 13:00.

Toegang is gratis vir die publiek.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!