Kuns plaas kollig op maatskaplike beskerming
#NoOneLeftOut-uitstalling nou oop
Die idee agter die uitstalling is om die BIG-gesprek onder inwoners van Havana te verdiep en te verbreed.
Die Activist School, ‘n breinkind van die Economic & Social Justice-trust (ESJT), het onlangs ‘n slypskool vir aspirant-aktiviste aangebied.
Die slypskool het gefokus op konsepte van maatskaplike beskerming om te besin oor hoekom soveel Namibiërs steeds ernstig deur armoede en ongelykheid geraak word, en om konkrete optrede te identifiseer wat die gapings in maatskaplike beskerming kan vul.
Een van die fokuspunte van die slypskool was die Basiese Inkomstetoelaag (BIG), wat deur 130 loodsstudies oraloor die wêreld geïdentifiseer is as die doeltreffendste manier om wydverspreide armoede te verminder – ‘n skema wat nodig is vir ‘n minimale ordentlike lewensbestaan vir baie arm Namibiërs.
Uit daardie slypskool het die jong aktiviste – met die hulp van Frans Nambinga – skilderye geskep wat weerspieël hoe ‘n universele BIG-skema ‘n lewensredder kan wees vir die 1,6 miljoen Namibiërs wat daagliks ‘n stryd om oorlewing voer.
Hierdie skilderye word tans in die informele nedersetting Havana uitgestal.
Nambinga, ‘n bekwame kunstenaar wat die Frans Nambinga Arts Studio & Training Centre op die been gebring het waar hy kunstegnieke aan benadeelde jongmense oordra, sal ook sy werk saam met dié van die jong aktiviste uitstal wat oor armoede in Namibië besin.
Die uitstalling het die afgelope Saterdag by die Frans Nambinga Arts Studio & Training Centre geopen.
Die idee agter die uitstalling is om die BIG-gesprek onder inwoners van Havana te verdiep en te verbreed.
Die ESJT is in 2014 deur ‘n groep aktiviste gestig om die stryd vir sosioëkonomiese gelykheid te ondersteun en te bevorder. Tot dusver het die trust se sleutelaktiwiteite gefokus op die voorkoming van mariene fosfaatmynbou in Namibië, die veldtog om die regte en werke van Shoprite-werkers te beskerm, die publikasie van die Namibian Journal of Social Justice en die eerste aktivisteslypskool wat in 2020-‘21 gehou is.
Die aktivisteskool neem die vorm aan van 12 maandelikse geleenthede vir 20 tot 25 aspirant-aktiviste uit diverse voetsoolvlak-agtergronde wat toegewyd is om uitdagende sosioëkonomiese en politieke kwessies wat hul gemeenskappe raak, die hoof te bied.
Die maandelikse geleenthede sal moontlike optrede bespreek om positiewe sosioëkonomiese verandering te bewerkstellig.
Die onderwerpe wat gedek word, sluit onder meer ongelykheid, werkloosheid en armoede; ordentlike behuising as ‘n mensereg; die stryd om ‘n lewensbestaan; klimaatgeregtigheid en die ekologiese krisis, politieke ekonomie; maatskaplike beskerming en geslagsgeregtigheid in.
Die uitstalling kan tot 23 April besigtig word en toegang is gratis.
Vir meer inligting, kontak Nambinga by 081 314 6257 of Rinaani Musutua by 081 561 5191.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie