Kuns uit vlamme en skêr gebore
Die kunstenaars Andrea Horsthemke en Anne Lacheiner-Kuhn span kragte saam vir ’n gesamentlike uitstalling van aardse keramiekwerk en ongewone collages by die Bellhaus Atelier & Galerie.
Cutting the Flame with Curiosity word beskryf as ‘n betowerende uitstalling van funksionele keramiek en prettige collages om 'n bietjie verwondering na die “gewone” van die alledaagse lewe te bring.
Die uitstalling sal tot Saterdag 13 Mei by die Bellhaus-galery in die hoofstad te sien wees.
’n Fassinerende kombinasie van twee- en driedimensionele kuns vorm die basis van die galery se jongste uitstalling.
Lacheiner-Kuhn se prikkelende, flambojante collages en Horsthemke se ryk, tasbare keramiekkuns bring 'n onkonvensionele kombinasie van voorwerpe wat uit vlamme en skêr gebore is bymekaar - vandaar die titel van die uitstalling.
Horsthemke se keramiekkuns is ontwerp in skakerings van swart en aardse kleure wat warmte, gegrondheid en organiese magnetisme skep terwyl hul funksionele eienskappe alledaagse gebruik en genot verseker. Dit is die eerste keer dat sy porselein en terracotta as uitstalmediums gebruik - die ligte en meer delikate wittes in dwingende kontras met die dramatiese swart erdeware en terracotta.
Lacheiner-Kuhn se collages is energiek, aweregs en effens bisar en 'n verdere uitbreiding van haar kenmerkende kreatiewe narratief wat geheue, seksualiteit en identiteit ondersoek. Haar werk word beskryf as 'n “bietjie stout en baie pret” en is 'n viering van kreatiwiteit en nuuskierigheid in die mens se natuur.
[email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie