Kunstenaars vat hande vir nuwe uitstalling
Lewenslustige verkenning van kleure
Die kunsversameling bestaan uit abstrakte skilderye, portrette en afdrukke.
Die uitstalling Passing through deur die gemengde mediakunstenaars Petrus Amuthenu en Frans Uunona het op 11 Oktober by die Namibiese Kunstevereniging (NAA) in die hoofstad geopen.
Die uitstalling verbeeld ‘n waardering vir die skoonheid in die fisieke wêreld rondom ons, maar kan ook in ‘n futuristiese wyse geïnterpreteer word. Hierdie kunsversameling bestaan uit abstrakte skilderye, portrette en afdrukke.
Deur ‘n mengsel van media en tegnieke te gebruik, put Amuthenu se werk inspirasie uit popkultuur en maak gebruik van stedelike motiewe wat merkbaar Namibies is, terwyl Uunona hoofsaaklik fokus op en die gebruik van kleure om emosies en gevoelens uit te beeld en onder die vergrootglas te plaas.
Hierdie twee kunstenaars se werk is verweef deur hul lewenslustige verkenning van kleure in ink, olie, akrielverf en spuitverf op doek, Fabriano-papier en hardebord.
“Ons wil ons gedagtes, emosies en vaardighede uitdruk en deel om die skoonheid rondom ons te waardeer.”
Die dinamiese duo wat albei in verskeie kunsmediums werk en aangetrokke is tot helder kleure, het by ‘n kunstekollege in Katutura ontmoet en deel nou ‘n ateljeeruimte. Die kunstenaars het saam aan talle projekte gewerk, waaronder ‘n paar noemenswaardige muurskilderye op verskeie geboue in Windhoek.
Die uitstalling duur vanaf Dinsdag 11 Oktober tot Donderdag 3 November.
Op 20 Oktober om 14:30 – as deel van die Otjomuise Live Arts Festival (Olaf) – sal Petrus en Frans ‘n openbare praatjie aanbied oor hul reis en die proses om openbare kunsmuurskilderye te skep.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie