Küska kroon nuwe koninklikes
Die 35ste Küska het amptelik ná 'n afwesigheid van drie jaar weens die Covid-19-pandemie afgeskop met die aanwysing van die nuwe Prinzenpaar. Die nuwe koninklikes is prins Erwin die Eerste (Leuschner) - The Sheriff of Protocol en prinses Benita die Eerste (von Schmettau) - The Purple Bee. Swakopmund se burgemeester, Louisa Kativa, het die naweek amptelik die sleutels van die kusdorp aan die paartjie oorhandig. Küska eindig eerskomende Saterdag by die SFC-sportgronde op die dorp en sluit 'n week van feesvieringe waaronder 'n dames- en twee internasionale aande af. Foto Stefan Noechel
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie