kykNET gee kykers blyspel vir Kersfees
As ’n “geskenk aan sy kykers” bied kykNET vanjaar ’n Kersblyspel aan waarin die “ou, bekende storie op ’n nuwe manier” vertel word.
Dit word eers in die Mosaïek-teatro in Fairland, Johannesburg, aangebied en verfilm, waarna dit op 24 Desember uitgesaai sal word. Leah, Germandt Geldenhuys, Willem Botha, Early B, Stephanie Baartman, Hamilton Wessels, André Schwartz, Lynelle Kenned en Rika Sennett is van die mense wat gaan optree.
“Toe kykNET vra ons moet iets spesiaals vir Kersfees doen, het ek en André Schwartz (die verhoogregisseur) koppe bymekaargesit,” sê Soné Combrinck, die uitvoerende vervaardiger. “Ons het besluit om ’n klein musiekspel te hou wat die verhaal van Jesus se geboorte vertel en ons het die Pieterse-gesin geskep.
“Familie en vriende is saam op Oukersaand en soos dit soms gaan, kan mense onder een dak ’n bietjie geïrriteerd met mekaar raak. En dan besluit die hoofkarakter hulle moet iets doen voordat hulle mekaar se strotte aftrap: ‘Kom ons vier Kersfees deur die verhaal van Jesus se geboorte te herleef.’ ”
Schwartz sê hulle hou dit “klein, intiem en ontsettend opreg”. “Ons wou die storie op ’n nuwe manier tesame met geliefde Afrikaanse Kersliedjies vertel. André Veltz is die TV-regisseur.”
Wessel Pretorius het die teks geskryf en Bryan Schimmel behartig die musiekregie. Janine Neethling het die musiekverwerkings behartig.
Sennett, wat die ouma vertolk, sê: “Dit gaan eintlik oor die sangers en die uitstekende verwerkings wat Janine gedoen het. Ek speel ’n praatrol. Ek sing wel aan die einde saam met almal.
“Ons is betrokke by die vertel van die storie. Die gesin word verskillende karakters in die storie. Soos wat ’n gesin die geboorte van Christus sal uitspeel.
“Ek onthou ons het dit ook altyd op Oukersaand uitgebeeld. Dit was ’n tradisie by ons.
“Dan keer ons terug na die gesin op die einde. Die voorbereiding van die musiek en teks is geweldig, dis letterlik in twee dae aanmekaargeslaan.
“Met ons eerste deurloop was daar heelparty mense wat deur die storie geraak is. Ek dink daar gaan iets spesiaals uitkom, ek hoop só.”
Volgens Combrinck is ’n opdragwerk “per definisie uitdagend”. “Veral met iets soos Kersfees. Ons gesprekke was van die begin af hoe ons dit nuut en anders gaan maak. Ek het dadelik vir Janine gebel en gevra om ons te help. Sy het elke liedjie van voor af gebou. Daar is onder meer boeremusiek- en Afrika-klanke. Daar is ook ’n verrassingselement vir die gehoor. Die nuwe invalshoek gaan mense aangenaam verras.”
• Die produksie word op 24 Desember om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) uitgesaai. Bron: Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie