Lekkerluistermusiek, biltong en pret

Behalwe vir die Suid-Afrikaanse talent in die vorm van Franja du Plessis, Leah en Jan Jan Jan wat eerskomende Saterdag by die Biltongfees te sien sal wees, sal plaaslike sangtalent nie agterweë bly nie. Jaco (Grappi) Claassens – ook bekend as Jacob & Taylor – en Haak en Steek, sal ook ’n draai op die verhoog maak.

Haak en Steek sal vanaf 11:00 optree, en Grappi skuif om 18:00 en weer 22:00 agter die mikrofoon in.

Grappi en Taylor, sy kitaar, beplan om hope gees dié naweek na die Biltongfees te bring en almal se voete te laat jeuk met hulle lekkerluisterliedjies.

“Bring al jou pelle saam, ek sien uit om julle daar te sien!”

Die manne van Haak en Steek het al vantevore by die Biltongfees opgetree en sien uit om weer so te maak.

Feeskaartjies is nou beskikbaar, so maak seker jy kry joune by www.eticket.my.na. Die Biltongfees word vanjaar weer in die hoofstad by die Trustco United-sportgronde aangebied.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!