Lizz Meiring is eersdaags in Windhoek met Van die Rak af. Foto verskaf
Lizz Meiring is eersdaags in Windhoek met Van die Rak af. Foto verskaf

Lizz Meiring verken die storie in elke mens

Iréne-Mari van der Walt
Met die suksesvolle afsluiting van Elzabé Zietsman se toer deur Namibië as deel van die FNB Windhoek Woordfees, sal nog ’n bekende Suid-Afrikaanse aktrise eersdaags as deel van dié fees te sien wees.

Lizz Meiring is op 26 Oktober in Windhoek op die planke met die stuk Van die Rak Af. Dit sinspeel op die konsep van die menslike biblioteek wat die mensdom as ’n biblioteek beskou en mense as boeke met ’n storie om te vertel. In hierdie tragi-komedie vertel Meiring die stories van verskeie karakters, van historiese karakters tot fiktiewe en mitologiese karakters.

Die gehoor vul voor die vertoning 'biblioteekkaartjies' in met leidrade wat 'n aanduiding gee tot verskeie karakters. Die gehoor se keuses word dan aan die begin van die vertoning in ’n verrassingspakkie voor Meiring neergesit en sy kies ’n 'boek' waaruit sy ’n storie kan vertel.

Die vertoning vind by Droombos se Swart Saal plaas en begin om 20:00. Kaartjies is beskikbaar via www.eticket.my.na teen N$250 vir volwassenes, N$200 vir pensioenarisse en N$100 vir kinders. - [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-12-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 33° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 31° Oshakati: 22° | 30° Ruacana: 21° | 29° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 18° | 26° Omaruru: 22° | 33° Windhoek: 21° | 29° Gobabis: 21° | 28° Henties Bay: 16° | 21° Swakopmund: 16° | 18° Walvis Bay: 17° | 23° Rehoboth: 22° | 31° Mariental: 23° | 35° Keetmanshoop: 22° | 36° Aranos: 21° | 35° Lüderitz: 14° | 26° Ariamsvlei: 24° | 37° Oranjemund: 17° | 24° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 21° | 31° Lubumbashi: 17° | 29° Mbabane: 15° | 32° Maseru: 18° | 30° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 21° | 33° Maputo: 21° | 34° Windhoek: 21° | 29° Cape Town: 20° | 22° Durban: 20° | 30° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 31° Lusaka: 21° | 31° Harare: 18° | 29° #REF! #REF!