'Lukas' word op 1 Februarie bekendgestel. Foto Facebook/Lukas - an OYO DVD
'Lukas' word op 1 Februarie bekendgestel. Foto Facebook/Lukas - an OYO DVD

'Lukas' deel die donker op straat

Iréne-Mari van der Walt
Die Namibiese film 'Lukas' word amptelik met ’n rooitapyt-geleentheid by die Ster Kinekor-teater by die Grove-inkoopsentrum op 1 Februarie bekendgestel. Gaste word vanaf 18:00 op die rooitapyt verwag en die rolprent begin om 19:00.

Die draaiboek vir die film is gebaseer op die verhale van 23 kinders en jong volwassenes wat op die strate van Windhoek woon of gewoon het.

Lukas se storie is fiktief, maar dit trek inspirasie uit die ware gebeure wat van Namibië se jong mense op straat beleef het.

Die rolprent bied geen verskonings nie, is diep menslik en hoop om empatie en ten diepste ’n begrip van die mense om jou aan te wakker.

"Die strate mag hul lewens wees, maar hierdie rolprent poog om hul stemme te versterk en die onvertelde stories van swaarkry wat grense oorskry te onthul en uiteindelik meegevoel en maatskaplike verandering te inspireer," lui ’n plasing op die film se Facebook-blad.

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!