Marmerkuns pronk by The Village
Die ontluikende jong beeldhoukunstenaar Kambezunda Ngavee se marmerkunswerke word tans in The Village Garden Café se buitelug-ruimte uitgestal.
Dié uitstalling is ’n gesamentlike inisiatief deur Whuda Marble Art Namibia en die StArt Art-kunsgalery.
Ngavee het onlangs sy kunstenaarsopleiding (residensie) by die Nirox-stigting in Suid-Afrika voltooi. Sy werk is ook tans te sien in die uitstalling Indifference wat by die Nirox Sculpture Park aangebied word.
Dié besienswaardigheid is geleë in die Krugersdorp-omgewing, op die oewer van die Blaauwbankspruitrivier wat aan die Kkatlhamphi Privaat Natuurreservaat grens.
Die kunstenaar se beeldhouwerke is dikwels antropomorfies en vermeng eienskappe van mens en dier, terwyl dit dikwels verwys na aktuele maatskaplike kwessies in Namibië en wêreldwyd.
Ngavee het sy diploma in visuele kuns in 2017 aan die Kollege van die Kunste (Cota) verwerf. Dieselfde jaar het hy deelgeneem aan die Gé Pellini-marmerbeeldhouprojek vir die Hunters United Against Poaching Trust. Sy werk is ingesluit by talle groepuitstallings soos die Tulipamwe International Artists Workshop in 2018 en hy het verskeie slypskole bygewoon, insluitend een wat deur die bekende klipbeeldhouer Dörte Berner aangebied is.
Sy eerste solo-uitstalling, Set in Stone, is in 2018 by die Frans-Namibiese Kultuursentrum (FNCC) gehou.
Ngavee is sedert Maart 2019 ’n aktiewe lid van die WHUDA Marble Art-span. Die groep maak gebruik van marmersteen wat plaaslik ontgin is en fokus op die skep van beeldhouwerke van hoë gehalte asook die oordrag van vaardighede aan “ontluikende jong klipbeeldhouers”.
Alle beeldhouwerke wat tans by The Village Garden Café uitgestal word, is te koop.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie