Foto Facebook
Foto Facebook

Menseregte deur kuns gevier

Eerskomende Donderdag en Vrydag
Yandi Du Plessis
Die Frans-Namibiese Kultuursentrum (FNCC) bied op 8 en 9 Desember ‘n Menseregtedagfees aan met optredes deur onderskeidelik ‘n internasionaal-befaamde Namibiese musikant en ‘n plaaslike dansgroep.

Die sanger Elemotho tree Donderdag 8 Desember by die FNCC op ten bate van die Nasionale Federasie van Mense met Gestremdheid in Namibië (NFPDN).

Elemotho is tot dusver die enigste Namibiese musikant om die RFI-France 24 Discoveries-toekenning (in 2012) te wen. Hierdie hardwerkende kunstenaar se klank is al in oral van Accra in Ghana, Addis Abeba in Ethiopië, Dakar in Senegal, Antananarivo in Madagaskar, Khartoem in Soedan en Cotonou in Benin gehoor, om maar van die stede te noem waar Elemotho al opgetree het.

Vir meer inligting oor dié kunstenaar, gaan loer op sy Facebookblad of besoek https://elemotho.wixsite.com/mysite.

Kaartjies vir dié vertoning is teen N$200 beskikbaar via webtickets.com.na.

Die Ombetja Yehinga Organisation (OYO)-dansgroep lewer weer op Vrydag 10 Desember ‘n dansvertoning by die FNCC wat gratis bygewoon kan word. OYO sal drie stukke aanbied wat die kwessie van menseregte en verantwoordelikhede onder die loep neem. Die stukke bevraagteken mense ons oor verantwoordelikheid om hierdie wêreld ‘n beter plek vir almal te maak.

Die dansvertoning begin die Vrydagaand om 19:00.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer