Mooie Diana fokus op bewaring van ietermagô’s

Yandi Du Plessis
Mej. Namibië se tweede prinses, Diana Andimba (23), sal vanjaar aan die Mej. Aarde-kompetisie deelneem.

Dié Windhoeker het ’n liefde vir Namibiese dierelewe en haar fokus is op die wêreld se soogdier wat die meeste verhandel word, die ietermagô. Dié dier speel ’n belangrike rol in die ekosisteem, maar word meer as renosters en olifante gesmokkel.

“My doelwit is om die bewaring en beskerming van ietermagôs en hul habitatte oraloor die Afrika-vasteland te ondersteun, plaaslik en internasionaal bewustheid te skep oor die lot van ietermagôs en hul waarde binne ekosisteme en om projekte te implementeer wat die vermindering van die handel in en smokkelary van ietermagôs bevorder,” het Diana gesê.

Sy het bygevoeg sy sal die Mej. Aarde-platform gebruik om die publiek en bewaringsagentskappe oor die kwessie in te lig deur standpunt teen ietermagôhandel in te neem.

Dié kwesbare dier se skubbe was die inspirasie vir Diana se nasionale kostuum, of haar fauna-kostuum soos dit in dié kompetisie genoem word. Haar kostuum is geskets en ontwerp deur Bethany Beukes en gemaak deur Dawn Diergaardt.

Mej. Aarde is ‘n jaarlikse internasionale skoonheidskompetisie – gebaseer in die Filippyne – wat hom beywer vir omgewingsbewustheid, bewaring en maatskaplike verantwoordelikheid. Saam met Mej. Heelal, Mej. Wêreld en Mej. Internasionaal is dit een van die groot vier internasionale skoonheidskompetisies.

Die idee agter Mej. Aarde is dat die deelnemers en uiteindelike wenners aktief “by die bewaring van die omgewing en die beskerming van Moeder Aarde betrokke raak”, luidens die kompetisie se Facebook-blad.

Afgesien van die fokus op omgewingsbeskerming, poog die kompetisie ook om blootstelling aan verskeie toeristebestemmings in die deelnemers se tuislande te bied. Elke jaar neem 80 tot 90 skoonhede van ora;oor die wêreld aan dié kompetisie deel. Vanjaar se deelnemers sal na verwagting op 12 November in die Filippyne arriveer.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!