Movember met Rudi Claase

Yandi Du Plessis
Die Suid-Afrikaanse sanger Rudi Claase kuier vandeesmaand in Namibië.

Sy toer is ten bate van die Kankervereniging van Namibië (CAN) as deel van die Movember-inisiatief om geld in te samel vir mans met prostaatkanker.

Movember is ‘n inisiatief waaraan talle lande wêreldwyd in Novembermaand deelneem om bewustheid te skep en geld in te samel vir gesondheidskwessies wat mans raak – spesifiek prostaatkanker, testikulêre kanker, geestesgesondheid en selfdoodvoorkoming.

Rudi tree op 15 November by die Transkalahari End Resort – Die Dam in Gobabis op; die 16de by die Otjiwarongo Krokodilplaas; die 17de by die NG Kerksaal in Pionierspark, Windhoek; en op 18 November by die Swakopmund-stadsaal langs die Mediclinic-hospitaal.

Verwelkomingsdrankies word vanaf 18:30 by dié geleenthede aangebied en die konsert begin op al vier aande om 19:00. Kaartjies is vooraf beskikbaar teen N$180 per persoon en sal by die deure teen N$250 te koop wees.

Kry joune vooraf aanlyn by webtickets.com.na, jou naaste Pick n Pay-winkel, die Otjiwarongo Krokodilplaas, Transkalahari End Resort - Die Dam of kontak die CAN-hoofkantoor by 061 237 740 of die Erongo-kantoor by 064 461 271.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!