Musiek verenig jazzliefhebbers

Internasionale Jazzdag word op 30 April by die Frans-Namibiese Kultuursentrum (FNCC) in Windhoek gevier, met die blaasorkes van die Theatardius Musiekakademie van Namibië en die Sisonke Xonti-kwintet van Suid-Afrika wat vir die dag se vermaak sal sorg.

Vanjaar se tema vir Internasionale Jazzdag (IJD) is “Diversiteit wat ons bymekaarbring”. Namibië se jazzgeskiedenis dateer terug na die 20ste eeu en word beskou as ‘n kunsvorm wat gemeenskappe bymekaarbring.

Jazz is deur die jare gevier deur geleenthede soos IJD, jaarlikse feeste en radioprogramme wat aan die genre gewy is.

Die Thetardius Musiekakademie is sewe jaar gelede gestig om musiekklasse in verskeie genres vir oud en jonk in Namibië aan te bied, met die fokus op musiekonderrig.

Suid-Afrika se Sisonke Xonti is die wenner van die 2020 Standard Bank Young Artist-toekenning in die jazzkategorie. Die jong en ontluikende saksofoonspeler het ses jaar gelede ‘n musiekloopbaan aangepak nadat hy vir ‘n regsgraad studeer het. Hoewel hy eers ‘n paar jaar gelede die skuif na musiek as ‘n voltydse beroep gemaak het, is musiek van kleins af al deel van Xonti se lewe. Op die ouderdom van 13 het hy die saksofoon ontdek, en hy het gou verlief op jazz geraak.

Die FNCC en Rand Merchant Bank (RMB) borg die geleentheid met die Verenigde Nasies se organisasie vir onderwys, wetenskap en kultuur (Unesco), die Nasionale Teater (NTN), die Kollege van die Kunste (Cota), Desert Radio en Energy100 FM as vennote.

Die vertoning begin om 19:00 en toegang is gratis.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!