Musiekvideo-uitdaging vir rolprentvervaardigers
Die gewilde en ervare plaaslike musikante Big Ben, Patrick Sikiliza, Dik Bones en Riaan Smit het onlangs kragte saamgesnoer en hul stemme dik gemaak om die liedjie “Love and Respect” uit te reik wat die konsep van positiewe manlikheid bevorder.
Die liedjie wil die idee tuismaak dat mans die bron van liefde, respek, veiligheid en positiewe gevoelens kan en moet wees eerder as al die negatiwiteit in die media wat met mans geassosieer word. Die snit is vir ’n diverse gehoor saamgestel en is geskryf en uitgevoer in Oshiwambo, Nama, Otjiherero, Afrikaans en Engels.
Die afvaardiging van die Europese Unie (EU) in Namibië het die vervaardiging van die liedjie geborg.
Nou, as deel van die Europese Rolprentfees wat vandeesweek in die hoofstad afskop, het gevestigde of aspirant- Namibiese rolprentvervaardigers ’n kans om met ‘n musiekvideo vir “Love and Respect” vorendag te kom. Diegene wat belangstel om deel te neem, word aangemoedig om met oorspronklike konsepte en beeldmateriaal vorendag te kom wat die boodskap van die liedjie bevorder.
‘n Kontantprys van N$4 000 is op die spel vir die wen-musiekvideo, terwyl die tweede en derde plekke met onderskeidelik N$2 000 en N$1 000 sal wegstap.
Die topnege- beste musiekvideo’s sal by die Europese Rolprentfees vertoon word, terwyl alle video’s wat vir die kompetisie kwalifiseer op Love & Respect se amptelike YouTube-blad sal verskyn.
Die sperdatum vir inskrywings is 15 November. Vir meer inligting en inskrywingsbesonderhede, stuur ‘n e-pos na [email protected].
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie