Muurskildery is deel van iets groter
“Ná een maand van beplanning en voorbereiding, ’n paar dae van wonder of die projek buite my vermoë is en een week van verf, het ek skielik voor ’n muur van drie by twaalf meter gestaan wat ek saam met my vriendin, Clara Martin, geverf het,” het Candice Mouton gesê.
Sy is ’n argitektuurgraduant en ’n kunstenaar in eie reg. Candice het aan die begin van Junie vanjaar ’n internskap by die StArt Art-galery begin. Benewens haar werk by die galery het sy as vrywilliger by die Bernhard Nordkamp-sentrum (BNC) in Katutura kunsklasse vir kinders gegee as deel van hulle naskoolprogram.
Die muur wat oorgeverf moes word, is aan die agterkant van dié sentrum. Voor hulle met die verfwerk kon begin, moes hulle egter eers op ’n ontwerp besluit.
“Die direkteur van die sentrum, Mary Beth Gallagher, het vir my en Clara gesê daar is ’n muur wat baie liefde nodig het en ons was albei baie opgewonde en het dadelik ingestem. Toe sy ons die muur wys, het ons moed effens gesak. Dit was ’n reusemuur wat baie aandag nodig gehad het, maar ons het ja gesê en die projek aangepak. Mary Beth het ’n algehele idee gehad van wat sy op die muur uitgebeeld wou hê. Ons wou iets positiefs en opbouend skep, maar iets wat ook verbygangers sal aanmoedig om na te dink oor die betekenis van die muurskildery. Ek en Clara het merendeels kreatiewe vryheid gekry.”
Clara was ’n Franse vrywilliger wat by die BNC gewerk het. Die muurskildery was Candice se eerste een, maar gelukkig het Clara reeds muurskilderye gedoen en haar baie in die proses gehelp.
“Alhoewel dit effens konfronterend was, het ons op die muur geskryf: ‘Ons toekoms hang van jou af’. Konfronterend omdat dit ’n aansporing tot aksie is. Dit is bedoel om die kinders van die BNC se boodskap aan hul ouers en voogde te wees oor hulle verantwoordelikhede. Die muurskildery se doel is om die gemeenskap aan te spoor om na te dink oor die verantwoordelikheid van ouerskap en om hulle te herinner aan die kwesbaarheid van kinders.”
Volgens Candice was die grootste uitdaging om die verf vir die skildery te kry.
“Ons is net twee vrywilligers wat ’n muurskildery vir ’n niewinsgewende organisasie wou doen. Almal wat ons gevra het, het reeds hulle begrotings vir die jaar opgestel en daar was nie geld nie. Clara en Jules, nog ’n Franse vrywilliger, het toe die geld van hulle familie en vriende in Frankryk ingesamel. StArt het vir ons die geld vir die nodige verfkwaste en rollers gegee.”
HOOGTEPUNT
“Die ondersteuning van die gemeenskap was ongelooflik en hulle het gedurig water aangedra of vir ons ysies gebring. Die dag toe ons klaar geverf het, het die kinders aangehardloop gekom en hulself in die skildery probeer soek. ‘Ek is die een met die pienk hare.’ ‘Nee, ek is!’ Terwyl ons besig was, het baie mense ook by ons gestop en ons vertel van hulle kinders wat by die sentrum was. Een vrou was baie emosioneel toe sy vertel het van haar kind was nou ’n graad in regte het. Dit het my laat besef dat ek deel van iets groter is en dit was vir my baie belangrik.” -
[email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie