‘My Namibië, my natuur’
Uistalling tot 28 April oop
Die StArt Art-galery bied tans in samewerking met die Omba-kunsgalery ‘n solo-uitstalling getiteld My Namibia My Nature deur Elia Shiwoohamba aan. Hierdie uitstalling het op 5 April by die Omba-galery in die Namibia Craft Centre geopen en kan tot 28 April besigtig word. Die uitstalling is oop vir almal.
Shiwoohamba maak hoofsaaklik van drukwerk as kunsmedium gebruik en dié uitstalling bestaan uit ‘n seleksie van sy linoleumblok- en kartonafdrukke. Boonop word verskeie beeldhouwerke en tekstiele deur dié veelsydige kunstenaar ook vertoon. My Namibia My Nature, wat uit die kunstenaar se meer onlangse werke sowel as ‘n paar ouer klassieke stukke bestaan, beloof om ‘n holistiese insig in Shiwoohamba se dinamiese loopbaan te gee.
Elia Shiwoohamba is in 1981 in Windhoek gebore. Hy het in 2006 aan die John Muafangejo-kunssentrum gegradueer. Hy spesialiseer in drukkuns en beeldhouwerk en werk as ‘n professionele kunstenaar wat dikwels tussen Windhoek en die Noorde van die land reis. Shiwoohamba put inspirasie uit die natuur en gemeenskappe rondom hom, en word sterk beïnvloed deur wyle John Muafangejo se werk.
Shiwoohamba besin oor hierdie soort inhoud in beide tweedimensionele media soos linosneedrukkuns en in driedimensionele beeldhouwerke. Die verskillende media waarvan hy gebruik maak spreek van diversiteit, hoewel sy unieke styl alles visueel verbind.
Shiwoohamba se jongste solo-uitstalling (voor My Namibia My Nature) getiteld Owls of Namibia, wat vroeg in 2017 by die Frans-Namibiese Kultuursentrum (FNCC) vertoon is, het die kunstenaar se liefde vir uile en sy daaropvolgende artistieke verkenning van die spesie deur linoleumblokafdrukke en beeldhouwerk in marmer en seepsteen uitgebeeld. Sy werk is al baie uitgestal as deel van groepuitstallings - plaaslik en internasionaal. Sy kunswerke kan gevind word in die versameling van die Nasionale Kunsgalery (NAGN), regeringsgeboue en private versamelings in Namibië, Duitsland, Suid-Afrika en Nederland.
[email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie