‘n Brug tussen wêrelde
Universele aambeeld smee mens en aard(e)
Reisigers na, en inwoners van Venisië kan nog tot 27 November 'n heel eerste, unieke toonvenster op Namibië beleef in een van die stede na-aan die planeet se kunshart – en die moontlikheid van 'n jaarlikse terugkeer skep 'n besondere geleentheid vir die land, sy kuns, erfenis, toerisme en die toekoms.
Ons, sonder aansien des geboorte, herkoms, geslag, ras, kleur, klas en ingeprente of oorgeërfde vooroordele, beur deur oerbane na immer veranderende en nuwe vorme van wees.
Van bestaan.
Soos die naamlose klipmanne van die stil Kaoko; plek waar mens nog kan hoor.
Om die kuns “man” te noem, is ‘n ketting wat ons kan sny?
Sy belewenis van hierdie mede-reisigers op ‘n woestynreis wat Namibië een van die spesiaalste plekke en bestemmings in die wêreld maak, het in 2015 tydens sy eerste besoek aan die noordweste van Namibië en die Skedelkus, ‘n vlam in Marco Ferrario van die Italië aangesteek wat vanjaar tot die land se debuut by die “Olimpiese Spele” van kuns gelei het.
Die passie in sy stem is klokhelder wanneer hy oor die projek praat.
“Dit is ‘n saak van liefde,” benadruk hy. “Ek was verlief vanaf die eerste oomblik.”
Waarop?
Op die dialoog tussen die klipbeelde en die omgewing.
Die omstredenheid wat plaaslik ontketen is, en op plekke voortsmeuel, is vir Ferrario ‘n ongelukkige en onnodige weerligafleier.
Vure is plaaslik doodgeslaan oor ‘n klagskrif deur die kunsgemeenskap, maar daar is uitgewys om almal te raadpleeg voor die goedkeuring gegee is, was in omstandighede onmoontlik. ‘n Ope vraag is hoe lank die gesprekke en gepaardgaande burokrasie sou neem om Namibië “amptelik” op hierdie verhoog te kry.
DIE ‘PAWILJOEN’
Namibië se “pavilion”, in kuns ‘n tydelike uitstalling in ‘n tuin of in die buitelug, is deel van die 59ste Venisië Biennale wat in April geopen het. Die skou van skepping sluit aan die einde van November.
Só het ons ewebeelde uit klip, gevorm met yster, 11 000 kilometer noord gereis om hul vrae en insig oor menswees met mense te deel wie se voete nog nooit hierdie ruwe woestynwêreld se openbaring ontdek het nie.
Namibië het vanjaar saam met Kameroen, Nepal, Oman en Uganda sy debuut in die galery gemaak. Verskeie ander Afrika-lande was al op die uitstallys, insluitend buurlande Suid-Afrika en Zimbabwe.
Die Financial Times het in April berig meer as 140 lande en geografiese gebiede was al by die biennale verteenwoordig sedert België in 1907 aangesluit het. En die feit dat ruimte nie verniet is nie, bly ‘n gesprekspunt.
Volgens Ferrario was dit sedert sy eerste besoek in sy agterkop om internasionale blootstelling vir die kuns te bewerkstellig.
Toe kom die Covid-19-pandemie. Ferrario sê hy was uit die staanspoor in gesprek met die ministerie van onderwys, kuns en kultuur weens die belang van hul ondersteuning.
“Die hoofmeriete is in die kuns; die kunswerke is regtig magtig en is baie belangrike kontemporêre kuns,” sê Farrario.
Besoekersyfers is goed en mense hou volgens hom daarvan dat daar ‘n binneruimse uitstalling is en kuns om in die buitelug te ontdek.
La Certosa is volgens Ferrario juis vir die Namibiese pavilion gekies omdat dit ‘n unieke natuurlike ruimte in die besige metropool is. Monnike het in die 15de op hierdie “eiland van vrede” ‘n abdy gevestig en dit is naby die Arsenale, die hooftuiste van die biennale.
“Hierdie was regtig spanwerk,” sê Ferrario, “deur mense met ‘n liefde en passie vir die projek. Dit is die ding waaroor ek regtig omgee.”
Onder sy aanvoering is 240 000 euro in die pavilion belê. Italië se eie uitstalling het volgens hom sowat vier miljoen euro gekos.
Sowat 50 beroepslui het volgens Ferrario insette gelewer; hetsy teen kosprys of gratis.
“Dit was pragtig om te sien hoe kragtig ‘n stuk werk en ‘n idee kan wees wanneer dit tussen gemeenskappe gedeel word en omarm word.”
“Beslis,” is Ferrario se antwoord op die vraag of die deur nou oop is vir Namibië om weer uit te stal in 2024. “Ek sal help saamwerk om dit te laat gebeur.” Sy droom is dat ‘n Afrikaland permanent uitstalplek sal kan vestig naas die Europese lande.
MAAK DIE BORSROKKE LOS
Die lewenswaarheid dat skepping, sonder inperking deur die etiket van naam, tydloos en ver verby die skepper self sal eggo, sluit aan by die tema van vanjaar se biennale.
Die oorhoofse direkteur is Cecilia Alemani, wat die tema gekies het om onder meer die manlike stereotiepe van die kunsmeester uit te daag.
Alles kan deur die metaformose van verbeelding getransformeer word; verby die meestal inperkende grense van liggaam en elke denkbare verhouding met ons aarde, ons tegnologie en ons bestaan.
Omgewingsvrae, midde klimaatverandering, en die mensdom se maatskaplik-politieke uitdagings gesels saam met feministiese vraagstukke.
Hoekom is die kunstenaar in hierdie katalogus RENN?
Die kunshistorikus Stefano Morelli, wat gestalte aan die projek help gee het, verduidelik die naam is nié enkelvoud, meervoud, manlik, vroulik, kultuur- en demografiegebonde of vasgeketting deur ander voorbehoude en vooroordele nie.
“Watter rol moet die outeur [lees ook kunstenaar] in die storie hê? Geen,” is die antwoord.
Diep wortels in Namibië en die Kunenestreek moet volgens Morelli die enigste herkenbare eienskappe wees.
Morelli was gefassineer deur betrokkenes se gees en bedoelings.
Hy skryf oor RENN: “’n Smid wie se basiese estetiese eenheid klip vasgekerker in yster is sonder om daardeur gevangene gehou te word. Inteendeel, die klip word lig gemaak deur die omhelsing van metaal, vrygelaat in ongekende suggesties, wat vloei in ‘n nuwe estetiek. Dit word ‘n teken en empatieke simbool van essensiële en werklike bestaan.”
Hy trek ‘n verband met die klassieke “Stones of Venice” deur John Ruskin uit die laat 19de eeu. “In die woestyn van die Certosa-eiland gee ‘n anonieme, skaam, alleen en reusagtige kunstenaar nie om oor al hierdie sake nie en hou aan speel met die klippe van Venisië.”
Maar ... Dit gaan nie oor die kunstenaar self nie.
Die tema is die ons in hierdie, en alle skepping, waarvan ons die medekunstenaars is.
DIE VENISIË BIENNALE
Debuut in 1895
Internasionale model vir biennales
Wissel jaarliks tussen kuns en argitektuur (sedert 1980)
Sluit feeste in vir musiek (vanaf 1930), film (1932), teater (1934) en dans (1999)
30 permanente uitstallings
KOMMENTAAR
“Un deserto sulla laguna” (‘n Woestyn aan die meer) – Vernissage
"Van die Chinese pavilion tot die van Namibië, takel baie lande kwessies wat verband met die saamleef met die natuur en omgewingsvolhoubaarheid hou." – Posh
"’n Nuwe definisie is voorgestel vir hierdie kategorie van kunsartefakte geanker in die natuurlike konteks: Woestynkuns" – Atribune
“‘n Brug en ‘n uitnodiging om die buitengewone weefsel van Namibiese kuns te ontdek.” – Luigi Scudella
“[Die woestyn] verteenwoordig die kulturele afstand tussen die bevolkings van die wêreld, maar ook die kritieke situasie wat in die verhouding tussen die mensdom as geheel en die aarde as biologiese nis bereik is.” – Arte.it
A Bridge to the Desert
Ondersteun deur die ministerie van onderwys, kuns en kultuur
Namibiese ambassade in Frankryk en Italië
Erekonsul Milaan Petter Johannesen
Erekonsul Rome Valeria Tienghi
Vennoot Vento di Venezia
Ondersteun deur Abercrombie & Kent, Antaares, Onguma, BC& Studio di Consulenzo Societario Tributario Legal, Arnaboldi, Monica Cembrola For Art Foundation, Vellardi, Algorand, Hertz Namibia, Mowani-Chiwani Safari Camps, Okahirongo Elephant Lodge, Windhoek Country Club / Legacy Hotels, Cleopatra.srl, Gondwana Collection, DB Schenker, LAB23, Empirio Edile, Namibia Helicopter Services, NMH, tourismus Namibia
Lees meer: labiennale.org/it, biennalenamibia.art
KYK WEER NA KLETSKOMPAS SE ONDERHOUD
kortpad q.my.na/C652

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie