’n Hoogtepunt op jong musikante se kalender

Drie Namibiese musikante – Juliette Nel (tjello), Samuel Nel (klavier) en Xin Yu Chen (klavier) – is gekies om aan die 35ste jaarlikse Hubert van der Spuy-musiekkompetisie deel te neem wat in September in Stellenbosch in Suid-Afrika plaasvind.

Die kompetisie het een van die hoogtepunte op die musiekkalender vir jong musikante geword. Vir die 35ste herdenking tree ’n nuwe samewerkingsooreenkoms met die musiekdepartement van die Universiteit Stellenbosch (US) in werking.

Prof. Mario Nell, dié musiekdepartement se voorsitter, sê: “Die musiekdepartement van die Universiteit Stellenbosch is die oudste instelling van sy soort in Suid-Afrika en spog met ’n trotse tradisie, wat oor meer as ’n eeu strek, van toewyding aan musiekonderrig, die uitvoerende kunste, kreatiewe werk en akademiese navorsing.

“Die verbintenis van die Hubert van der Spuy Nasionale Musiekkompetisie om ons land se generasie van uitstaande jong klassieke musikante te identifiseer, te ontwikkel en blootstelling te gee, is in pas met die musiekdepartement se verbintenis om uit te reik na diegene van skoolgaande ouderdom, en om talente te koester.”

Die kompetisie word gereël en aangebied deur die Tygerberg-tak van die Suid-Afrikaanse Vereniging van Musiekonderwysers (Savmo).

Die eerste kompetisie het in 1989 plaasgevind. Prof. Hubert van der Spuy – die voormalige voorsitter van die Savmo (Tygerberg-tak) en gerespekteerde musikant, het die kompetisie geïnspireer.

Die kompetisie bied ’n unieke geleentheid vir kinders van 13 jaar en jonger om teen hul eweknieë mee te ding. Verskeie vorige wenners van die kompetisie het nie net musiek op tersiêre vlak studeer nie, maar het ook op hul beurt internasionaal gevierde talente geword.

Die streng program wat van deelnemers vereis word, verseker dat ’n hoë standaard gehandhaaf word, terwyl dit aan hulle ’n platform bied om ervaring op te doen.

Juliette, Samuel en Xin sal teen 46 ander musikante meeding.

Kommentaar

Republikein 2024-07-07

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Currie Cup: DHL Western Province 25 vs 30 Vodacom Blue Bulls | Toyota Cheetahs XV 82 vs 20 NovaVit Griffons | Cell C Sharks XV 25 vs 26 Fidelity ADT Lions | Suzuki Griquas 24 vs 44 Airlink Pumas Rugby World Cup U20: Australia U20 12 vs 17 Italy U20 | South Africa U20 12 vs 31 Argentina U20 | England U20 48 vs 11 Fiji U20 | France U20 26 vs 27 New Zealand U20 | Wales U20 31 vs 10 Spain U20 | Ireland U20 22 vs 16 Georgia U20 F1: Great Britain GP First:Lewis Hamilton Mercedes 01:22:27 Second:Max Verstappen Red Bull + 00:00:01.465 Third:Lando Norris McLaren + 00:00:07.547 #N/A Currency: GBP to NAD 23.23 | EUR to NAD 19.68 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.16 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.29 | EGP to NAD 0.37 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.73 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.33 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.16 | USD to AOA 871.26 | USD to BWP 13.56 | USD to EGP 48 | USD to KES 127.98 | USD to NGN 1515.35 | USD to ZAR 18.23 | USD to ZMW 24.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1791.53 Down -0.7% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13367.73 Up +0.54% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28364.79 Up +0.72% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9380.4 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 391.62/OZ UP +1.48% | Copper US$ 4.67/lb UP +2.36% | Zinc US$ 3 017.00/T UP 0.01% | Brent Crude Oil US$ 87.46/BBP DOWN -0.0079 | Platinum US$ 1 027.76/OZ UP +2.82% #N/A