’n Polisievrou, volksmoord en die bonatuurlike
Meer as ’n halwe dekade na Perivi John Katjavivi in 2018 aan ’n polisiereeks begin skryf het, sal die fliek – wat uit dié idee ontstaan het – vanaand vir die eerste keer by die Ster Kinekor-teater in The Grove-inkoopsentrum vertoon word.
“Ons sou reeds in 2020 begin verfilm het, maar het verskeie uitdagings in die gesig gestaar – onder meer Covid,” sê John, wat die regisseurstoel vir die produksie ingeneem het. Die fliek, Under the hanging tree, is uiteindelik in 2021 begin verfilm en is verlede jaar voltooi.
Die fliek handel oor ’n geharde polisiebeampte se interaksie met die bonatuurlike en Namibië se koloniale geskiedenis nadat ’n man se lewelose liggaam – wat aan ’n boom hang – ontdek is.
“My belangstelling is nie soveel in die volksmoord as ’n gebeurtenis nie. Ek het nie belang gestel in ’n polisiefliek of soseer die volksmoord of kolonialisme nie. Ek wou net ’n stuk skep wat die verstand en die hart aanraak; van hoe dit is om nou te lewe en terug te kyk na die donkerte van ons koloniale geskiedenis,” sê John.
Hy sê die hoofkarakter, Christina, se psige is die fokus van die fliek.
“Wat dink en voel sy? Nie die voorvaders, of die hoofmanne, of die regering nie, maar sy. Ons, ek en jy as individue en mense. . .”
John glo die fliek sal eerder meegevoel skep as om ’n drastiese politieke ommeswaai te weeg te bring.
“Ek dink daar is sommige dinge wat net kuns of ’n film kan doen in terme van intimiteit en om in die harte en gedagtes van mense in te kruip. Ek dink daar is ’n beperking tot wat polities uitgerig kan word,” sê hy.
Volgens hom is daar ook tweespalt in die hedendaagse verstandhouding van die volksmoord.
“Ek dink daar is twee uiterstes – óf mense weet nie genoeg nie en daar is hierdie kultuur van apatie of hulle gaan te veel daaroor aan of buit dit uit vir hulle persoonlike doeleindes,” sê hy.
Die bekroonde aktrise Girley Jazama vertolk die hoofrol in Under the hanging tree. Sy het ook die vroue-hoofrol in die fliek Der Vermessene Mensch vertolk.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie