'n Verkenningstog deur sang
In Guts and Glory word die gehoor voorgestel aan ‘n rigtinglose wêreld en volg twee karakters wat uiteindelik net verweef is dog hopeloos teenoorgestelde mense is.
“Hartseer, angs, wanhoop en ineenstorting voed die een, terwyl waarheid, moeilikheid en opgee die ander motiveer. Dit is ‘n kragtoer van die stem en ‘n emosionele blik op die onmoontlikheid en onvolhoubaarheid daarvan om alles altyd bymekaar te hou. Laat ons saam uitmekaarval en uitvind hoe om die stukke van onsself weer op te tel,” lui ‘n mediaverklaring deur die Oh Shift-ateljee, wat dié produksie op planke sal bring.
Die teatervertoning waarin Sven-Eric Müller en Lize Ehlers te sien sal wees, vind eerskomende Sondag by die Brewer's Market plaas en sal slegs toeganklik wees vir diegene wat vooraf kaartjies koop. Kaartjies kos N$100 en is beskikbaar via sven-eric.com of 081 810 0761.
PLAASLIKE TALENT
Sven-Eric het nog altyd ‘n groot passie vir die uitvoerende kunste gehad.
Ná skool het hy in 2009 formele teateropleiding in Kaapstad ontvang. Hy is die afgelope dekade deel van die professionele Suid-Afrikaanse teaterbedryf, terwyl hy ook ‘n kort draai in Australië gemaak het en nou en dan na Namibië reis vir optredes en vir sy werk as dansinstrukteur.
Gedurende sy professionele teaterloopbaan het Sven-Eric vyf jaar by ‘n kontemporêre balletgeselskap deurgebring en van leerling tot leermeester gegroei. Hy het aanbeweeg na die wêreld van musiekblyspele, waar hy in alles van kabaret en Funny Girl tot West Side Story en Joseph gedans het.
In 2018 het hy weer ratte verwissel en die kreatiewe ruimte betree deur sy tweede kontemporêre ballet, ‘Aivilo’, te choreografeer en te regisseer. Hy was ook vir vyf jaar die inwonende choreograaf vir Gate69 (kabaretteater) in Kaapstad.
Hy het sy loopbaan onlangs nog ‘n stap verder geneem toe hy sy ateljee, Oh Shift, in Windhoek tydens die pandemie geopen het. Die visie vorentoe is om aan te hou genees en soveel liggame as moontlik te help in die proses om terug te beweeg na die teaterwêreld.
Lize Ehlers is ’n veelbekroonde sangeres, liedjieskrywer, musiekregisseur, kreatiewe regisseur, teaterregisseur, vervaardiger, aktrise, skrywer, platejoggie en musiekagent met ‘n menigte produksies agter haar naam.
Sy is die stigter en direkteur van die Song Night-inisiatief waardeur sy sedert 2011 as mentor optree vir opkomende plaaslike sangers. Sy is ook die tegniese direkteur van Drag Night.
Lize is gebore en getoë in Mariental en is al tevore as ‘n “kreatiewe baanbreker” beskryf. In 2019 het sy die heel eerste kunstenaar van die jaar-toekenning ooit by die jaarlikse Namibiese Musiektoekennings (Nama’s) ontvang. Sy was ook een van die komponiste van die klankbaan vir Baxu & The Giants, Namibië se eerste en enigste film op Netflix.
Verder het sy twee keer die toekenning vir beste teateraktrise in Namibië gewen – in 2007 vir die vertolking van Leah B, geregisseer deur Tanya Terblanche; en in 2017 vir haar vertolking in Meisie van Mariental, geregisseer deur Sandy Rudd.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie