’n Viering van jazzklanke

Yandi Du Plessis
Die Frans-Namibiese Kultuursentrum (FNCC) vier vanjaar weer eens die kuns van jazzmusiek met die spesiale Jazz Night wat eerskomende Vrydag by die Nasionale Teater (NTN) aangebied word.

Ná die sukses van verlede jaar se geleentheid sal konsertgangers weer bederf word met ’n dubbele uitvoering deur Mandla Mlangeni van Suid-Afrika en Nambië se eie Big Ben.

Mandla, ’n trompetspeler, komponis en orkesleier het al op talle plaaslike en internasionale verhoë met sy talent gespog. Hy is in 2019 erken as Standard Bank se Jong Jazzkunstenaar van die Jaar, een van Suid-Afrika se hoogste jazztoekennings. Hy is aan die stuur van verskeie kreatiewe en bekroonde projekte. Die Tune Recreation Committee het hul debuutverskyning by die Kaapse Internasionale Jazzfees gemaak en hul album Voices of Our Vision het die New York Times se lys van beste albums vir 2017 gehaal. Die Amandla Freedom Ensemble het twee albums vrygestel, insluitend die Sama-benoemde Bhekisizwe – wat vernoem is na Mandla se aktivis- en prokureur-pa wat deur apartheidsmagte vermoor is. Hy lei ook die Switserse Birdsong Ensemble, en het al met internasionale musieklegendes soos David Murray, Evan Parker, Feya Faku, Hugh Masekela en Shabaka Hutchings saamgewerk.

Big Ben is ’n sanger, liedjieskrywer en orkesleier wat in Windhoek gebaseer is. Sedert hy in 2001 op die musiektoneel verskyn het, het hierdie veelbekroonde kunstenaar gehore oraloor die wêreld betower en sy melodieuse merk in Suid-Afrika, Angola, Kanada en Duitsland gelaat. Big Ben se musiekvermoë kan nie tot ’n sekere genre beperk word nie. Sy kreatiwiteit ken ook geen perke nie – wanneer hy nie skares betower met sy optredes nie, kanaliseer hy sy talente om boeiende klankbane vir films en teaterstukke te skep.

Die FNCC Jazz Night begin Vrydag om 19:00. Kaartjies is vooraf teen N$200 via Webtickets beskikbaar, en teen N$250 by die deur.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-12-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 24° | 37° Rundu: 19° | 33° Eenhana: 21° | 25° Oshakati: 20° | 26° Ruacana: 21° | 27° Tsumeb: 20° | 27° Otjiwarongo: 17° | 25° Omaruru: 20° | 31° Windhoek: 19° | 27° Gobabis: 19° | 27° Henties Bay: 16° | 22° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 22° Rehoboth: 21° | 32° Mariental: 24° | 35° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 23° | 35° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 20° | 34° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 20° | 29° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 28° Antananarivo: 13° | 32° Lilongwe: 22° | 34° Maputo: 23° | 39° Windhoek: 19° | 27° Cape Town: 18° | 22° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 22° | 35° Harare: 22° | 33° #REF! #REF!