Namibië is weer reg om te rock
Mindscape Events Namibia, Avani Hotel & Casino en Radiowave het hande gevat om op 2 April die Rock 'N' Roll Namibia-musiekfees aan te bied – ‘n dinamiese konsert met die gewilde Suid-Afrikaanse rockgroep Prime Circle as die hooftrekpleister.
Die konsert sal na verwagting die grootste tot dusver vanjaar wees en die organiseerders wil vir feesgangers die allerbeste treffers en ‘n onvergeetlike musiekervaring verseker.
“Voor die hoofopvoering sal sommige van die land se beste musikante hul plekke op die verhoog inneem. Meeste van hulle het die hoktyd in ateljees deurgebring om aan nuwe musiek te werk wat hulle met die wêreld wil deel sodra die pandemie verby is,” vertel Gordon Jay, direkteur van geleenthede by Mindscape.
Die feestelikhede begin om 15:00, die hekke open ‘n uur vroeër en Midscape beloof ‘n “mega-vertoning om alle vertonings vir Namibië te begin”.
“Ons wil ons vermaakervarings van voor die pandemie probeer terugkry, ontspan en as vriende en familie bymekaarkom; net om ons gedagtes te bevry en die jaar op ‘n hoër noot in die nuwe normaal af te skop,” sê Jay.
PRIME CIRCLE
Die vyf-lid Rock-ensemble, Prime Circle, het geen bekendstelling nodig nie.
Sedert hul debuut in 2002 het hulle die Suid-Afrikaanse musiektoneel op horings geneem en die rockgroep het intussen ‘n opwindende loopbaan wat oor 17 jaar strek agter die rug waartydens hulle by groot rockfeeste opgetree en ses opwindende albums uitgereik het wat multi-platinumstatus bereik het.
Langs die pad het hulle ‘n reeks toekennings ingepalm wat hulle gevestig het as musiekgenieë wat ‘n ikoniese genre lewend gehou en die toets van tyd deurstaan het.
Oor hul Detour-toer wat ‘n draai in Namibië kom maak, het die groep gesê: “Dit het dalk 'n geruime tyd geneem, en ons is almal deur so baie, maar die lang kronkelpad het uiteindelik tot hier gelei.
“Prime Circle vat weer die pad om herenig te word met die plekke en gesigte waarvoor hulle lief is, en musiek te maak vir die mense, hul mense. Die groep gaan ’n toer van epiese proporsies onderneem en ná ‘n lang afwesigheid, is dit tyd om weer persoonlik te raak.”
Namibiërs met 'n aptyt vir rock ‘n roll kan uitsien na vurige kitaar- en akoestiekklanke en boeiende optredes, alles saamgestel om jou gedagtes saam met die musiek weg te voer.
Die groep het gesê: “Die Detour-toer is só gedoop deur die aanhangers vír die aanhangers en vir die heel eerste keer sal hulle in beheer wees van die hele konsep. Aanhangers sal die geleentheid kry om nie net te stem vir die liedjies wat hulle op die stellys wil hê nie, maar ook om te bepaal watter soort merch hulle graag wil sien. Prime Circle wil saam met die aanhangers werk om die uiteindelike toerervaring vir hulle onvergeetlik te maak.”
Mindscape doen ook ‘n beroep op alle entrepreneurs en maatskappye wat hul produkte wil uitstal om die organiseerders te kontak, aangesien daar beskikbare ruimte vir stalletjies en uitstalruimtes is.
Die glansryke Avani Windhoek Hotel & Casino sal spesiale verblyfpakkette aanbied vir gaste wat die naweek wil oorbly. Die plan met hierdie spesiale pakkette is ook om die versoeking om te drink en bestuur te beperk.
Mindscape wil hierdie geleentheid in ‘n veilige ruimte aanbied waar aan alle Covid-19-regulasies voldoen word.
Daar is pryse vir kaartjiehouers op die spel, insluitend “alles ingesluit”-verblyf by Avani Hotel.
“Met die uitbreking van die pandemie en die tydperk wat daarop gevolg het, was Namibië vir ‘n lang tyd in depressie vasgevang wat ‘n donker skadu oor die plaaslike vermaakbedryf gebring het en ongelukkig ‘n kollektiewe histerie geskep het weens hoë getalle infeksies en sterftes.
“Ons Rock 'N' Roll Namibia-musiekfees is gebore uit hierdie lyding, só saamgestel om die saad van hoop te saai.
“Ons wil hierdie ikoniese gebeurtenis aan Namibiërs bring, bewus van die feit dat alhoewel ons nou uit die koue van Covid-19 kom, ons steeds in sy dreigende skaduwee is, en as sodanig sal ons voortgaan om te voldoen aan regulasies soos uiteengesit deur die ministerie van gesondheid in hul jongste Covid-19-inligtingsessie,” het Jay gesê.
CovidTestNam sal die nakoming van veiligheidsregulasies verseker.
Mindscape Events wil hierdie April ‘n duidelike boodskap aan die res van die wêreld stuur: Namibiese vermaak is met ‘n knal terug, en die land se toerismedeure is selfs wyer oop vir die res van die wêreld.
“Kom kyk na die heel beste wat die land kan bied terwyl ons hande vat om die nasie te genees en hoop vir ons land en vir ons mense te bou deur musiek, dans en kulinêre interaksie,” sê Jay.
Kaartjies is nou beskikbaar by Webtickets - aanlyn en by alle Pick n Pay-winkels landswyd.
Daar is ‘n beperkte aantal kaartjies beskikbaar. Gewone kaartjies kos N$500 per persoon en BBP-kaartjies kos N$2 000 per persoon en sluit in spesiale sitplekke, kos en drinkgoed en ‘n geleentheid om met die hoofkunstenaars te gesels.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie