Namibië se Max wen 'n Emmy

Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht - Die Namibies-Duitse kunstenaar, ontwerper, uitgewer en regisseur Max Siedentopf is met 'n gesogte Emmy-toekenning bekroon vir die regie van 'n "uitstaande promosie-aankondiging vir die Nickelodeon-handelsmerkveldtog". Max is onder meer bekend vir sy installasie, Toto Forever wat in die Namibwoestyn opgestel is en bestaan uit 'n ring van groot wit blokke waarop ses luidsprekers geplaas is. Die luidsprekers is gekoppel aan 'n son-aangedrewe MP3-speler wat so opgestel is dat dit sonder enige onderbreking die treffer Africa deur die Amerikaanse groep Toto speel. Waar die installasie is, is egter 'n geheim. Max se unieke en kreatiewe styl in van fotografie, video, beeldhouwerk en kreatiewe regie maak hom uiters gesog by van die grootste handelsname in die wêreld en waaronder Nike en Gucci. - [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!