Namibiër genomineer vir ‘n SAFTA

Jeanette Diergaardt
Die Namibiër Björn Johansen is genomineer vir die Suid-Afrikaanse Rolprent- en Televisietoekennings (SAFTA) vir beste prestasie in die redigering van ‘n TV-drama. Die drama, Recipes for Love and Murder het in 2022 sy debuut op MNet gemaak. Dit handel oor 'n vrou wat raad soek, nadat sy haar man wat aangerand is, dood vind in hul huis. Haar joernaliskollega Jessie spring in om die moord op te los. Die ondersoekende beamptes moet verskeie struikelblokke oorbrug met die ondersoek wat op verskeie verdagtes dui.

Die SAFTA’s is ‘n jaarlikse Suid–Afrikaanse toekenningseremonie wat deur die Nasionale Rolprent- en Video-organisasie aangebied word en kunstenaars in die Suid-Afrikaanse rolprentbedryf vier. Björn het in 2002 aan die Walvisbaai Privaatskool gematrikuleer.

Kommentaar

Republikein 2024-12-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 19° | 32° Eenhana: 21° | 33° Oshakati: 21° | 32° Ruacana: 22° | 29° Tsumeb: 20° | 27° Otjiwarongo: 20° | 29° Omaruru: 24° | 33° Windhoek: 21° | 30° Gobabis: 19° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Swakopmund: 17° | 18° Walvis Bay: 18° | 23° Rehoboth: 24° | 33° Mariental: 22° | 36° Keetmanshoop: 25° | 37° Aranos: 20° | 35° Lüderitz: 16° | 26° Ariamsvlei: 26° | 38° Oranjemund: 16° | 25° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 20° | 29° Lubumbashi: 17° | 31° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 16° | 31° Antananarivo: 16° | 31° Lilongwe: 20° | 33° Maputo: 21° | 32° Windhoek: 21° | 30° Cape Town: 20° | 30° Durban: 19° | 27° Johannesburg: 16° | 25° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 30° Harare: 18° | 27° #REF! #REF!