Namibiër in Moskou vir modeberaad

Michael Kayunde
Die direkteur van die MTC Windhoek Modeweek, Alvaro Mukoroli, woon aanstaande week die BRICS Modeberaad in Moskou, Rusland by.

Die wêreldgeleentheid sal leiers, ontwerpers en kundiges in die modebedryf verenig om innovasie, volhoubaarheid en die toekoms van mode in ontluikende markte te bespreek.

Die beraad bied 'n omvattende sakeprogram en 'n internasionale uitstalling getiteld 'Erfenis' in wat moderne interpretasies van kulturele kodes in modeontwerp van regoor die wêreld en opvoedkundige geleenthede sal bevat.

Namibië se kundigheid in mode en kultuur sal na verwagting ontluikende ontwerpershandelsmerke op 'n wêreldskaal ondersteun. Besprekings by die die beraad sal ook onderwerpe soos kunsmatige intelligensie, beleggings en vervaardiging onder die loep neem.

"Vir nasies soos Namibië waar die modebedryf steeds groei, maak hierdie platform deure na wêreldmarkte oop. Dit stel ons ook bloot aan die beste praktyke en fasiliteer innovering,” het Mukoroli gesê. - [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-12-21

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 21° | 37° Rundu: 21° | 32° Eenhana: 21° | 26° Oshakati: 21° | 29° Ruacana: 21° | 31° Tsumeb: 19° | 24° Otjiwarongo: 19° | 25° Omaruru: 21° | 32° Windhoek: 18° | 30° Gobabis: 20° | 29° Henties Bay: 17° | 22° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 20° Rehoboth: 21° | 33° Mariental: 23° | 35° Keetmanshoop: 25° | 37° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 16° | 26° Ariamsvlei: 24° | 40° Oranjemund: 17° | 22° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 25° Lubumbashi: 16° | 32° Mbabane: 18° | 29° Maseru: 16° | 29° Antananarivo: 16° | 32° Lilongwe: 22° | 34° Maputo: 23° | 36° Windhoek: 18° | 30° Cape Town: 18° | 23° Durban: 21° | 26° Johannesburg: 16° | 18° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 21° | 35° Harare: 20° | 32° #REF! #REF!