Namibiër op pad na Mej. Heritage Global
Viering van erfenis, kultuur en selfaanvaarding
Die Mej. Heritage Global-skoonheidskompetisie wat verlede jaar weens die pandemie uitgestel is, word nou op 24 September in Limpopo, Suid-Afrika, aangebied, met Albertina Shilelo wat Namibië sal verteenwoordig.
Albertina (20) is een van die 57 deelnemers in dié kompetisie. Sy sal die platform gebruik om bewustheid te skep en by te dra tot die viering van die diversiteit van erfenis en kultuur.
Sy glo dit sal ‘n groot eer wees om vroue op te hef, meer te leer en kennis met ander deelnemers te deel.
“My doel is om te leer en ‘n susterskap buite die kompetisie te bou, terwyl ek hard werk en ‘n verrykende reis het,” het sy gesê.
Hierdie sal nie Albertina se eerste skoonheidskompetisie wees nie, aangesien sy ook aan Mej. Africa Golden Namibia, Mej. Face of Namibia en Mej. Inspiration Kavango deelgeneem het.
“As iemand wat al voorheen aan skoonheidskompetisies deelgeneem het, glo ek wat ek geleer het, sal nuttig te pas kom en ek sal die vaardighede wat ek opgedoen het – soos om voor ’n gehoor te praat en motiveringstoesprake te lewer – kan gebruik. Ek geniet dit ook om aan sport deel te neem en ek het besef dit verg baie dissipline, wat ek dink belangrike eienskappe is om in enige aspek van my lewe te slaag, insluitend hierdie kompetisie,” het sy gesê.
Mej. Heritage Global is die eerste skoonheidskompetisie wat fokus op die bevordering van erfenis en die enigste internasionaal-erkende internasionale kompetisie wat in Afrika aangebied word en gebaseer is.
Deelnemers kan ‘n ervaring vol glans en lewenslesse wat ’n leeftyd sal hou, te wagte wees, aangesien die finaliste spesiale opleiding sal ontvang. Daarbenewens sal deelnemers bewustheid versprei oor kwessies waaroor hulle passievol is, en uitgedaag word om hul kultuur uit te druk en aan te bied deur middel van mode en gesprekke oor vrouebemagtiging.
Die stigter en bestuurder van internasionale betrekkinge by Mej. Heritage Global, Ronald Tisauke, het gesê die kompetisie het ten doel om individue te onderrig oor verskillende kulture en erfenisse en gevolglik ‘n kultuur van selfaanvaarding te kweek.
Die kompetisie se uitvoerende hoof, Mbofholowo Lorraine Mbodi, het bygevoeg deelnemers kan uitsien om Limpopo se inheemse kultuur en omgewing te ervaar.
Die nuwe kompetisiedatum is selfs meer gepas, aangesien September Erfenismaand in Suid-Afrika is.
Die Mej. Heritage Global-kompetisie bring jong vroue tussen die ouderdomme van 17 en 28 van alle nasies en verskillende maatskaplike agtergronde bymekaar om betrokke te raak en positiewe verandering te skep deur skoonheidskompetisies as platform te gebruik om wêrelderfenis en toerisme te bevorder.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie