Namibiër sien uit na Texas-verhoog

Iréne-Mari van der Walt
Die Namibiër Landi Bonthuys sal in Oktober vanjaar deelneem aan die Texas Sounds International Countrymusiek-toekennings met haar liedjie 'I Will Find You'.

"Ek is bitter opgewonde om deel te wees van die geleentheid. Ek sien uit na die ervaring van die Country-musiekkultuur in Texas," vertel sy.

Landi, wat op Katima Mulilo gebore is en in die noordelike dele van die land grootgeword het, sê haar liefde vir musiek het klein begin. "Musiek het altyd in ons huis gespeel en my liefde vir Country- en musiek uit die sewentigs en tagtigs het daar ontwikkel," sê sy.

Toe haar gesin in 1993 na Keetmanshoop verhuis, het sy haar identiteit as ’n "Suidekind" gevind. Op die ouderdom van tien jaar het sy besluit om te begin sing en vir haar ma gesê sy wil 'n professionele sanger word.

"My ouers het seker bietjie getwyfel, want hulle het my nog nooit regtig gehoor sing nie, maar het my onvoorwaardelik en onbaatsugtig bygestaan toe ek doelgerig begin deelneem het aan Country- sangkompetisies oraloor die land," sê Landi.

Toe sy 15 jaar oud was, het sy haar eerste Country-album opgeneem en daarna begin om haar eie liedjies te skryf. Haar tweede album is ongeveer vier jaar later uitgereik en het verskeie ATKV-toekennings vir haar ingepalm. Haar loopbaan het daarna ’n nuwe vorm aangeneem met die geleentheid om by feeste in Suid-Afrika op te tree. Sy het verskeie platekontrakte van die hand gewys, omdat sy nie na Suid-Afrika wou verhuis nie. "Ek is baie gegrond in my land en my mense," sê sy.

Later het sy voltyds begin werk in die versekeringsbedryf en deeltyds haar musiekloopbaan uitgeleef. Toe sy trou en haar drie kinders gebore is, het Landi besluit om haar musiekloopbaan op ys te sit.

Met haar diagnose met Hashimoto's, erken sy sy het dit moeilik gevind om voor mense te praat en op te tree.

"Ek het ‘n redelike paar jaar daarmee geworstel, tot Jesus my gelei het om saam met dit te lewe," sê sy. 



- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-21

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 24° | 39° Rundu: 24° | 36° Eenhana: 22° | 34° Oshakati: 24° | 32° Ruacana: 22° | 32° Tsumeb: 22° | 31° Otjiwarongo: 20° | 29° Omaruru: 22° | 35° Windhoek: 20° | 31° Gobabis: 22° | 31° Henties Bay: 16° | 21° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 15° | 24° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 22° | 36° Keetmanshoop: 23° | 36° Aranos: 23° | 37° Lüderitz: 14° | 26° Ariamsvlei: 22° | 37° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 23° | 31° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 17° | 31° Maseru: 14° | 29° Antananarivo: 15° | 32° Lilongwe: 21° | 31° Maputo: 22° | 34° Windhoek: 20° | 31° Cape Town: 18° | 25° Durban: 21° | 27° Johannesburg: 19° | 26° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 22° | 34° Harare: 20° | 33° #REF! #REF!