Namibiërs mik vir Loftus se skare
Twee Namibiërs, Esmarie Boshoff en Llewellyn Annandale, se musiekgroep Skedelkus is genomineer as een van die top 10 in GROOTfm 90.5 se Battle of the Bands. Tans is die stemfase oop en moet die verskeie musiekgroepe so veel 'likes' as moontlik vir hul video op die Suid-Afrikaanse radiostasie se Facebookblad genereer.
Hoewel Esmarie en Llewellyn saam met twee ander Suid-Afrikaners, Jaco Kock (tromme) en Johan Kirsten (kitaar), Skedelkus voltooi, deel Boshoff dat die groep se naam ’n eerbetoon aan Namibië is.
Tydens hul jare as musiekstudente aan die Universiteit van Pretoria het Esmarie en Llewellyn ook hul musikale talente saamgesnoer om as Winds of August by verskeie ope mikrofoon-geleenthede en kroeë op te tree. Dié naam is volgens Esmarie ook ’n verwysing na die winde wat in die Namibiese hoofstad waai.
"Ons het gedink om iets in Afrikaans te doen - ons wou graag in ons moedertaal musiek maak," verduidelik Esmarie oor die oorsprong van Skedelkus.
Indien hulle groep deurdring na die top 5 van die Battle of the Bands-kompetisie, sal hulle die geleentheid hê om vir die Afrikaanse musiekgroep Spoegwolf, te open by die finaal wat op Loftus Versveld in Augustus plaasvind.
Die twee is dit eens dat hulle nie ’n bang haar op hulle koppe het vir die skare wat op Loftus wag nie. "Dit is altyd senutergend, maar dit is nie bang nie. Dit is meer soos ’n tinteling - soos wat valskermspring net lekker is, omdat mens bang is vir hoogtes," deel Llewellyn.
Om vir Skedelkus te stem, skandeer die QR-kode en 'like' die plasing. - [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie