Namibiese boeke vir jou Kerskous
Van kleintyd-herinneringe oor grootwordjare in Katima Mulilo, die reis totdat Walvisbaai uiteindelik Namibiese eiendom word tot Miena wat nie soos haar sussies 'n spesiale gawe gehad nie en rotstekeninge en rotse wat van politici tot ontdekkers as besoekers gehad het – die Wetenskaplike Vereniging van Namibië het meer as genoeg boeke wat beslis in jou geliefdes se kerskous en smaak sal pas.
Van kleintyd-herinneringe oor grootwordjare in Katima Mulilo, die reis totdat Walvisbaai uiteindelik Namibiese eiendom word tot Miena wat nie soos haar sussies ’n spesiale gawe gehad nie en rotstekeninge en rotse wat van politici tot ontdekkers as besoekers gehad het – die Wetenskaplike Vereniging van Namibië het meer as genoeg boeke wat beslis in jou geliefdes se kerskous en smaak sal pas. Die boeke op die blad is by die vereniging beskikbaar.
A Namibian childhood - Sylvia Schlettwein – N$180
Sylvia Schlettwein, ’n Namibiese skrywer en dogter van die minister van landbou, water en grondhervorming Calle
Schlettwein, onthou haar grootwordjare in Katima Mulilo in die destydse Caprivi-strook in die noordooste van die land. In 16 bekoorlike stories gee sy ’n blik van die daaglikse lewe in die tyd voordat die land onafhanklik geword het en uit die perspektief van ’n gesin wat reeds van ’n vroeë ouderdom by Swapo betrokke geraak het. Deur die oë van ’n kind ervaar die leser die wonder en ongenaakbaarheid van Afrika, die sober werklikheid van die daaglikse lewe verweef met Duitse tradisie en ’n liefde vir en toewyding tot die vasteland. Katima is ’n literêre reis terug in tyd na die Caprivi in die 1980’s en ’n liefdesverklaring aan Namibië se mooi, haar diversiteit en haar mense.
How the Port of Walvis Bay became Namibian
This is my story by Nils Bruzelius – N$180
Vir lank was Walvisbaai ’n baie geïsoleerde plek vasgevang tussen die Namibwoestyn en die Atlantiese kus. Sy vernaamste bate was 'n sandbaai wat veilige ankerplek moontlik gemaak het, die enigste van sy soort langs die kuslyn van 1 350 km van Namibië.
Deur die kinkels en draaie van die geskiedenis het 'n gebied van 1 124 m² grondgebied bekend geword as die Walvisbaai-enklave wat in 1990 steeds onder Suid-Afrikaanse beheer gebly het met Namibië se onafhanklikwording. In 1994 is die enklawe egter as deel van Namibië integreer, maar die oordrag is geensins maklik bewerkstellig nie. Die boek is die enigste geskrewe dokument oor wat werklik gebeur het toe Walvisbaai en sy hawe uiteindelik deel van die land geword het en met die klem wat op die hawe val.
Mina and the Magic Baobab Tree – Victoria Ndinelago Erasmus – N$70
Mina and the Magic Baobab Tree is ’n wonderlike kinderverhaal oor dries ussies – Mona, Mina en Menno. Mona en Menno het spesiale gawes. Mona kon baie, baie ver oor groot afstande sien, Meno kon in die toekoms sien, dit was net Mina wat nie soos haar sussies ’n spesiale gawe gehad het nie. Maar wat gebeur met Mina nadat ’n ou vrou tot haar redding kom?
Rocky Point Skeleton Coast Namibia - Peter Bridgeford – N$230
Rocky Point is 'n klein, geïsoleerde rotspunt aan die Skedelkus van Namibië en die mees prominente baken tussen Möwebaai en die Kunenerivier 250 km verder noord. Dit is moeilik om dit van die binneland, see of per vliegtuig te bereik, iets wat deur die jare tot sy mistiek bygedra het. Tog het ontdekkingsreisigers, jagters, handelaars, wetenskaplikes, vlugtelinge, gestrande skeepspassasiers, soldate en selfs politici Rocky Point gedurende die afgelope eeue óf verbygesteek óf besoek. Die gebeure wat in die boek opgeteken en geïllustreer is met talle fassinerende foto's, begin in 1486 met die vroeë verkennings van die Portugese. Dit is verhale van honger en dors, wanhoop en dood, maar ook heldedade soos die stranding van die Dunedin Star in 1942 naby Rocky Point en die byna onmoontlike reddingsoperasie van 63 mense - insluitend 29 vroue en drie babas; en ook die redding van Angolese vlugtelinge in 1975 wat uit die burgeroorlog gevlug het en die Kunenerivier in 'n groot konvooi oorgesteek het. Hoewel die ontoeganklikheid van Rocky Point dikwels tot rampspoed of frustrasie gelei het, was dit ideaal vir ontmoetings weg van die nuuskierige oë van joernaliste, bv. die destydse Suid-Afrikaanse premier P.W. Botha wat dr. Jonas Savimbi, president van UNITA in die geheim hier ontmoet het.
Painted Stories - A Guide to the Rock Art of AiAiba - Peter Breunig – N$450
Mense met ’n belangstelling in rotskuns vra dikwels dieselfde drie vrae: Hoe oud is dit? Wie het dit geteken? Wat was die doel? Die argeoloog Peter Breunig het die rotskuns van AiAiba op die plaas Anibib in die Erongoberge ondersoek, een van die gebiede die rykste aan rotskuns in Namibië. In sy boek gebruik hy die rotstekeninge as ’n voorbeeld van die prehistoriese skatkis wat ons meer vertel oor die wêreldoorsig van Namibië se vervloë jagters en versamelaars. Terwyl die bekende argeoloog Henri Breuil in die middel van die twintigste eeu 344 tekeninge getel het, het Breunig met die gebruik van moderne, digitale metodes 4 914 tekeninge op 208 gebiede aangeteken, 14 keer meer as die getal wat in Breuil se tyd bekend was. Die skrywer gee antwoorde op bogenoemde vrae en waardevolle insig oor die verteenwoordigende wêreld van Namibië se prehistoriese inwoners op ’n fassinerende en lesersvriendelike manier. Die boek is uiters waardevol en belangrik omdat daar volgens Breunig ’n eenvoudige rede is vir dringende navorsing in rotskuns.
“Rotskuns word blootgestel aan natuurlike en menslike invloede wat onvermydelik daartoe lei dat dit verdwyn. In baie gevalle van AiAiba, is die tekeninge reeds so verweer dat dit skaars deur die blote oog gesien kan word. Vir nou kan dit nog met die gebruik van digitale tegnologie ontdek word, maar ook hier sal ons uiteindelik ’n punt bereik waar dit vir altyd verlore gaan wees,” sê Breunig.
*Al die boeke op die blad is by die Wetenskapvereniging beskikbaar.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie