Namibiese erdewerk pronk by biënnale
Keramiek-uitstalling begin vandag
Die geleentheid word elke tweede jaar aangebied en lok talle inskrywings en potterbakkery-entoesiaste.
Die Pottebakkersvereniging van Namibië (PAN) se tiende Keramiek-biënnale word eersdaags by die Nasionale Kunsgalery (NAGN) in die hoofstad aangebied.
Vanjaar open die biënnale vandag om 18:00 en die uitstalling duur tot 16 September.
Die geleentheid, ‘n hoogtepunt op PAN se kalender, word elke tweede jaar aangebied en lok talle inskrywings en potterbakkery-entoesiaste. Die opening van die uitstalling, waar die beste erdewerke erken word, sal na verwagting ‘n merkwaardige geleentheid wees.
Met inskrywings van beginner- en ervare pottebakkers van oraloor die land; van die mees landelike dele in die Zambezistreek tot dié met professionele ateljees in Windhoek, Swakopmund, Keetmanshoop, Rosh Pinah en Lüderitz, sal die Keramiek-biënnale Namibië se beste erdewerke ten toon stel.
Anthony Shapiro, ‘n bekende Suid-Afrikaanse pottebakker en instrukteur, asook professor Hercules Viljoen, ‘n vooraanstaande Namibiese kunstenaar en ’n voormalige dosent aan die Universiteit van Namibië (Unam), is die amptelike beoordelaars vir die biënnale.
“Hulle het die uitdagende taak om hierdie versameling te beoordeel en saam te stel. Die beoordelaars moet ook die beste stukke in die verskillende kategorieë kies. Na aanleiding van hierdie proses sal die wenners aangewys word, wat op die openingsaand met verskeie aantreklike pryse sal wegstap,” het PAN se voorsitter, me. Renate Williamson, gesê.
“PAN is dankbaar vir die ruim borgskappe wat ontvang is, veral van ons hoofborg, Capricorn Private Wealth. Hulle is ‘n lojale en vrygewige ondersteuner van die keramiekgemeenskap en kunste oraloor Namibië,” het Williamson gesê.
NAGN se bemarkings- en kommunikasiebeampte, me. Beau-Ann Ferris, het gesê die instelling streef daarna om gefokusde platforms vir kunstenaars te bied en hulle te help om uitsonderlike uitstallings te skep en in stand te hou deur jaarliks wydlopende uitstallings aan te bied.
“Daarom is die tiende Nasionale Keramiek-biënnale nog ‘n belangrike geleentheid om die ruimte se potensiaal te benut en plaaslike inwoners en besoekers te betrek deur kwessie van kulturele erfenis en menslike verbintenis,” het sy gesê.
Ferris het kunsentoesiaste aangemoedig om in massas op te daag en Namibiese pottebakkers, visuele kunstenaars en hul vakmanskap te ondersteun.
“Alle kunswerke sal te koop wees,” het sy afgesluit.
Vir meer inligting oor die biënnale of die pottebakkersklasse wat deur hoofbeoordelaar Anthony Shapiro aangebied sal word, kontak PAN by [email protected] of besoek hul webwerf by www.pan.iway.na.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie