Namibiese kuns onder die hamer in Kaapstad
Strauss & Co, ’n vooraanstaande veilingshuis vir moderne en kontemporêre kuns, wyn en dekoratiewe kunste bied binnekort ’n regstreekse virtuele kunsveiling by sy nuwe perseel in Woodstock, Kaapstad, aan.
Tydens die geleentheid – wat binne Kaapstad se Kunsteweek vanaf 26 tot 28 Maart sal val – sal kunswerke van bekende kunstenaars wat in Namibië gereis en gewerk het, Maud Sumner en Adolph Jentsch, ook opgeveil word.
Sumner se vroeë werk toon sterk invloede van die Franse Avant Garde-kunstenaars van die École de Paris – die Franse en emigré-kunstenaars wat in die eerste helfte van die 20ste eeu in Parys gewerk het – veral Pierre Bonnard en Édouard Vuillard. Haar werk het meer elemente van abstraksie en meer kleur begin toon met haar terugkeer na Parys in 1947.
Haar besoek aan Namibië in 1965 het gelei tot ’n beduidende verwikkeling in haar werk, met temas van die helderheid van ruimte en stilte as die middelpunt. Die veiling sal ideale voorbeelde van haar tydperk in Namibië bevat, insluitend die kunswerk getiteld Swakopmund wat na raming tussen N$140 000 en N$180 000 op die veiling kan haal, en The Old Salt Road, Leading into Swakopmund – waarvoor ’n suksesvolle bieër ook tussen N$140 000 en N$180 000 kan opdok.
Jentsch, moontlik die mees ikoniese en evokatiewe skilder van die Namibiese landskap, is diep beïnvloed deur Oosterse filosofie, veral Taoïsme. Hy het die groot oop ruimtes, eindelose horisonne, stille hitte en helder lig van sy omgewing geskilder. Sy bekende twee olieverfwerke wat op groot skaal geskilder is, sal op die veiling onder die hamer wees, naamlik Extensive Landscape, Namibia wat geraam word op tussen N$200 000 en N$300 000, en Windhoek wat tussen N$250 000 en N$350 000 kan haal.
Die voorskou-uitstalling vir die Kaapse Kunsweek is oop vir die publiek vanaf 13 tot 28 Maart by Strauss & Co se galery by Brickfield Canvas in Woodstock of kan aanlyn besigtig word by www.straussart.co.za.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie