Namibiese kuns pronk in Moederstad
'Unmourned bodies'
Die uitstalling Unmourned Bodies wat saamgestel is deur Jo Rogge en in samewerking met The Project Room Namibia aangebied word, volg 'n veelvlakkige benadering om die werk van Namibiese kunstenaars aan 'n nuwe gehoor in Suid-Afrika ten toon te stel.
Hierdie grensverskuiwende uitstalling het op 9 Maart by die Ava-galery in Kaapstad geopen. Die Ava-galery, ofte wel die Vereniging vir Visuele Kunste, is Kaapstad se oudste niewinsgewende kunsgalery wat die beste in kontemporêre Suid-Afrikaanse kuns ten toon stel.
Histories het dié uitstalruimte noue bande met die ontwikkeling van kuns in Namibië. Die Suidwes-Afrikaanse Kunstevereniging (SWAA), gebaseer in Windhoek, is in 1947 as 'n tak van die Suid-Afrikaanse Kunstevereniging (SAAA) gestig.
Dit is in hierdie verband dat die huidige uitstalling – terwyl dit hulde bring aan die historiese bande tussen die twee verenigings – poog om die koloniale voorstelling van Namibiese kulturele kunsskepping deur inklusiwiteit reg te stel, asook om die kontemporêre vervaging van die lyn tussen kuns en kunsvlyt uit te lig deur kunstenaars te kies wat met onkonvensionele materiale werk.
Hierdie kunstenaars is genooi om die argief van die Namibiese Kunstevereniging (NAA) te besoek, 'n werk uit die versameling te kies waarby hulle persoonlik aanklank gevind het, en om 'n unieke kunswerk van hul eie in reaksie daarop te skep, met 'n paar interessante en verrassende resultate.
Die betrokke kunstenaars is Maria Caley, Stephanie Conradie, Actofel Ilovu, Tangeni Kambudu, Maria Mbereshu, Tuli Mekondjo, Lynette Musukibili, Ndako Nghipandulwa, Jo Rogge en Rudolf Seibeb.
Diegene wat hulself in Kaapstad bevind, kan gerus ’n draai by die Ava-galery maak om ons plaaslike kunstenaars te ondersteun.
The Project Room se eerste uitstalling vir die jaar, Bukalo Stories deur Lynette Musukubili, open op 31 Maart in Windhoek.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie