Neil Sandilands durf die Namib aan

Nuwe reeks bekyk voortgesette stryd tussen mens, natuur
In Die Groot Niks neem die aanbieder Neil Sandilands die oudste woestyn ter wêreld onder die vergrootglas.
Die Suid-Afrikaanse akteur en musikant Neil Sandilands maak na jare weer sy verskyning op kykNET (DStv-kanaal 144) in die program Die Groot Niks, wat vanaf 12 Februarie om 18:00 op die kanaal uitgesaai word.

Die Namibwoestyn, waarvan groot dele sedert 2013 deur Unesco as ’n Wêrelderfenisgebied verklaar is, is ’n natuurwonder. Die woord “namib” beteken in die Nama-taal “die groot niks”, maar in hierdie reusagtige woestyn is daar ’n magdom geheime en wonders opgesluit.

In die nuwe reeks word die oudste woestyn ter wêreld van nader bekyk deur die aanbieder Neil Sandilands. Neil is bekend as akteur in produksies soos Konings, Orion, Jakhalsdans en Die ballade van Robbie de Wee asook internasionale produksies soos Sweet Tooth, News of the World en The Flash.

Die span agter die skerms is Hannes Visser en Waldo van der Waal wat ook vir die Afrikaanse motorprogram La’t Wiel verantwoordelik is. Die Suid-Afrikaanse veteraan TV-aanbieder en joernalis Ruda Landman doen die stemwerk.

In die reeks sal die Namib se asemrowende natuurskoon en die legendariese verhale van die voortgesette stryd tussen die mens en die natuur onder die loep geneem word. Daar gaan veral gefokus word op die hart van die Namib – die stuk tussen Lüderitz en Walvisbaai.

“Hierdie juweel het absoluut op die regte tyd in my lewe gebeur. Toe die vervaardigers die konsep en titel vroeg in 2021 vir my aangestuur het, was dit ’n maklike, besliste ‘ja’,” vertel Sandilands.

“Ek het al twee reise deur Namibië onderneem en het elke keer in verwondering gestaan oor die magiese en uitdagende belewenis. Dis tegelykertyd asemrowend en angswekkend. Om dié gebied tussen Lüderitz en Walvisbaai in die oudste woestyn ter wêreld te verken, is ’n voorreg wat oor min wesens se pad kom.”

Die eerste episode gaan oor die mens se drang om die natuur se rykdom te ontgin en hoe die natuur probeer om haar skatte te beskerm. In die tweede episode is bewyse van mynbedrywighede sowat 90 jaar gelede die fokus, en in die derde episode kom die Otavi, ’n stoomvaartuig wat in 1945 op die rotste geloop het, onder die soeklig.

*Skakel vanaf Saterdag, 12 Februarie, om 18:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) in vir Die Groot Niks.

Kommentaar

Republikein 2024-09-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Currie Cup: Fidelity ADT Lions 14 vs 16 Hollywoodbets Sharks XV Rugby Championship: Argentina 29 vs 28 Springboks | Australia 28 vs 31 New Zealand Premier League: Manchester City 2 vs 2 Arsenal | Brighton 2 vs 2 Nottingham Forest | Crystal Palace 0 vs 0 Manchester United | Tottenham Hotspur 3 vs 1 Brentford | Southampton 1 vs 1 Ipswich Town | Liverpool 3 vs 0 Bournemouth | Leicester City 1 vs 1 Everton | Fulham 3 vs 1 Newcastle | Aston Villa 3 vs 1 Wolves | West Ham 0 vs 3 Chelsea LaLiga: Real Betis 1 vs 2 Mallorca | Rayo Vallecano 1 vs 1 Atletico Madrid | Villarreal 1 vs 5 Barcelona | Athletic Club 3 vs 1 Celta Vigo | Getafe 1 vs 1 Leganés | Real Madrid 4 vs 1 Espanyol | Valencia 2 vs 0 Girona | Osasuna 2 vs 1 Las Palmas | Real Valladolid 0 vs 0 Real Sociedad SerieA: Inter Milan 1 vs 2 AC Milan | AS Roma 3 vs 0 Udinese | Monza 1 vs 2 Bologna | Fiorentina 2 vs 1 SS Lazio | Lecce 2 vs 2 Parma | Juventus 0 vs 0 Napoli | Venezia 2 vs 0 Genoa European Championships Qualifying: Preston North End 0 vs 0 Blackburn Rovers | West Bromwich Albion 1 vs 0 Plymouth Argyle | Sheffield United 1 vs 0 Derby County | Luton Town 2 vs 1 Sheffield Wednesday | Coventry City 1 vs 2 Swansea City | Cardiff City 0 vs 2 Leeds United | Burnley 2 vs 1 Portsmouth | Bristol City 2 vs 1 Oxford United | Sunderland 1 vs 0 Middlesbrough | Queens Park Rangers 1 vs 1 Millwall FC | Norwich City 4 vs 1 Watford English Championship: Preston North End 0 vs 0 Blackburn Rovers | West Bromwich Albion 1 vs 0 Plymouth Argyle | Sheffield United 1 vs 0 Derby County | Luton Town 2 vs 1 Sheffield Wednesday | Coventry City 1 vs 2 Swansea City | Cardiff City 0 vs 2 Leeds United | Burnley 2 vs 1 Portsmouth | Bristol City 2 vs 1 Oxford United | Sunderland 1 vs 0 Middlesbrough | Queens Park Rangers 1 vs 1 Millwall FC | Norwich City 4 vs 1 Watford #REF! Currency: GBP to NAD 23.06 | EUR to NAD 19.22 | CNY to NAD 2.46 | USD to NAD 17.3 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.27 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.64 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.13 | RUB to NAD 0.19 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 132.14 | USD to AOA 929.24 | USD to BWP 13.15 | USD to EGP 48.68 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1593.07 | USD to ZAR 17.31 | USD to ZMW 26.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1845.32 Up +0.73% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14269.55 Up +0.16% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 31022.54 Down -0.05% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9651.25 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 631.82/OZ UP +0.21% | Copper US$ 4.43/lb UP +2.60% | Zinc US$ 2 982.50/T UP 3.13% | Brent Crude Oil US$ 75.85/BBP UP +1.97% | Platinum US$ 969.67/OZ UP +1.21% #REF!