Nel-familie stal saam uit
Vier lede van die Nel-familie stal vanaf vandag tot 19 Maart hul kunswerke vir die eerste keer saam by die Omba-galery uit.
Die uitstalling bevat die werke van Rika Nel, Johanna Erasmus, Daniel Nel en Selien Alberts, wat saamgewerk het om hul unieke artistieke style en mediums ten toon te stel.
Rika Nel se gemengde mediakuns, geïnspireer deur die kwessies van ’n tekort aan voedsel, bedreigde spesies en oorbevolking, plaas die kollig op die kwesbaarheid van lewende wesens. Haar kunswerke wissel van akrielskilderye op doek, teesakkie-kwilte en pen-en-ink-tekeninge wat besin oor die temas van die natuur, vroue en kinders.
Johanna Erasmus, ’n oogkundige wat ’n kunstenaar geword het, skep waterverfportrette wat mense se rou emosies weerspieël. Haar inspirasie het gekom tydens die Covid-19-inperking, toe sy verveeld was en haar passie vir kuns ontdek het toe sy op haar dogter se waterverfstel afgekom het – die res is geskiedenis, want die kunsgogga het haar vinnig gebyt.
Daniel Nel se kunswerk het die tema “Gees, liggaam en beweging” en weerspieël die beweging van energie deur alle lewende dinge. Hy skep onder meer beeldhouwerke deur herwinde materiaal aanmekaar te sweis.
Selien Alberts se kuns beeld hoofsaaklik vrouefigure uit en het “energie” as deurlopende tema. Haar kunswerke word met behulp van verskeie media en tegnieke geskep, insluitend kleurpotlode, sagte pastelle, linoleum en etsafdrukke. Haar inspirasie kom van die energie wat in haar vloei.
Die Nel-familie se kunsuitstalling beloof om ongewoon, interessant en prikkelend te wees. Dit is ’n geleentheid om die unieke artistieke style en mediums van vier talentvolle familielede in een ruimte te aanskou.
Vir meer inligting, kontak Rika Nel by 081 288 3870.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie