NFC se filmweek skop môre af
Michael Kayunde – Ná twee jaar se afwesigheid word die Namibië Filmkommissie (NFC) se Rolprentweek weer vanjaar aangebied en plaaslike gehore word gevolglik uitgenooi om die skoonheid van rolprentkuns saam met rolprentvervaardigers en beroepslui in die bedryf te vier en te waardeer.
Luidens ‘n NFC-mediaverklaring sal dié geleentheid – wat oor vier dae sal strek – ‘n “bioskoop-extravaganza” wees, waar kortfilms, rolprente en dokumentêre films wat almal deur Namibiërs vervaardig is, vertoon sal word.
Die kommissie sal die geleentheid aanbied as deel van sy mandaat om die plaaslike filmbedryf te bevorder.
Die rolprentweek is gewoonlik in pas met die Namibiese Teater- en Rolprenttoekennings (NTFA's) aangebied, maar weens die impak van Covid-19 is die toekennings tot verdere kennisgewing uitgestel, lui die verklaring.
Die rolprentweek sal dus vanaf môre tot Saterdag 29 Oktober plaasvind.
‘N ‘APTYT’ VIR PLAASLIKE INHOUD
“Die doel van die filmweek is om ’n platform te skep waar nuwe plaaslike rolprente vertoon kan word, om ’n aptyt vir plaaslike filmproduksies te skep en te beïnvloed hoe mense die wêreld deur middel van film sien,” het die organiseerders gesê.
Vir die openingsaand sal Ompata, ‘n hoëtempofilm deur Nino Pequeno, vertoon word, gevolg deur ’n opwindende verskeidenheid van kortfilms die volgende aand.
Vrydagaand sal ‘n seleksie van dokumentêre films vertoon word.
“Ons sal Saterdag afsluit met ’n vollengte-komediefilm deur die veteraan-rolprentvervaardiger Vickson Hangula getiteld Zula Boyz, en ‘n optrede deur die Ombetja Yehinga Organisation (OYO)-dansgroep.”
Die produksies sal elke aand om 19:30 op verskeie plekke oraloor Windhoek vertoon word, wat ‘n seldsame rolprentervaring in heerlike buitelugomgewings bied, het die NFC gesê. Toegang en springmielies is gratis, en almal word uitgenooi.
VENUES
Woensdag 26 Oktober: Lemon Tree Restaurant, Eros
Donderdag 27 Oktober: Katutura Community Arts Centre
Vrydag 28 Oktober: Windhoek-munisipaliteit se nuwe gebou, boonste parkeerarea
Saterdag 29 Oktober: Lemon Tree Restaurant, Eros
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie